Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is vanjaar goeie sterre vir liefde en romanse. Enkellopende Ramme wat vandag gebore is, sal nie lank op hul eie wees nie. Ramme wat baie geheg aan ander raak, sal vind dat hul verhouding heelwat verbeter en hul lewe baie gelukkiger is.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is nogal slim en ’n bietjie eksentriek. Hulle is vlug van begrip en word nie maklik geflous nie. Hulle sal belangstel in wetenskap en veral alle kommunikasievorms.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Met die sterre wat jy vandag het, sal dit moeilik wees om jou gevoelens te verberg. Jy was nog nooit iemand wat jou lamp onder die maatemmer verberg nie, maar vandag voel jy geïrriteerd en laat die wêreld weet hoe jy voel.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dis ’n goeie tyd om jou te onttrek na jou eie privaat plek waar jy kan tob. As jy nie so ’n plek het nie, sal jy waarskynlik voel jou laaste toevlug is die privaatheid van die kleinhuisie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag kan jou kommunikasie met die mense om jou subjektiewer as gewoonlik wees. Dit beteken jy identifiseer net met sake wat jou duidelik raak of bevoordeel.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal weens jou sterre geneig wees om alles om jou op emosionele wyse te beskou, veral nielewende voorwerpe. Dis ongewoon vir jou. Gewoonlik gebruik jy items tot dit op is en gooi dit dan weg.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dis nie in jou aard om eerste, tweede en derde aan jouself te dink nie, maar dis hoe dit vandag is. Jy sal sake beskou in die lig van hoe dit jou bevoordeel en jou dag verbeter. Wie kan jou blameer?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy wil jou van die wêreld om jou onttrek en in ’n stil hoekie wegkruip. Dis alles goed en wel en almal voel af en toe so, maar dit kan die mense om jou ontstel.

WEEGSKAAL (21 Sep.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre vir samesyn met vriende. Hierdie sterre sal meebring dat jy meer geheg aan sekere vriende voel en die mense ignoreer wat nie veel tot jou lewe of gesprekke in die algemeen bydra nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Met vandag se sterre is besigheidsake op die voorgrond. Jy beskou die omstandighede en besluit dis tyd om al die feite te kry sodat jy kan seker maak jy mis niks.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy voel die behoefte om van alles af weg te kom. Met hierdie sterre sal jy waarskynlik droom jy is op ’n tropiese eiland en dut in ’n hangmat tussen palmbome terwyl die seewater saggies oor die strand spoel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk nie of vandag se sterre enige belangrike gebeure aandui nie. Dit dui wel aan dat jy sterker sal reageer op die verspotte klein dingetjies wat jy gewoonlik ignoreer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag is die fokus op hegte verhoudings en hoe jy met sekere mense identifiseer. Met hierdie sterre is jy geneig om meer emosieel as gewoonlik te wees en mense reageer sterker as gewoonlik daarop.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Glo dit of nie, maar Visse het ’n praktiese sy en vandag se sterre bring mee dat hierdie kant van jou sigbaar is. Jy kyk wat om jou aangaan en besluit jy gaan seker maak dit waarmee vandag begin word, werk behoorlik.