JOU DAG

Die volmaan is in die Waterdraer se teken. Doen dus iets waaghalsigs en anders.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak seker jy span vanjaar jou kreatiewe talente in. November en Desember is die beste maande om verlief te raak, verloof te raak, te trou of om jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die Ram is ’n sosiale wese en jou huidige vriendskappe wissel. Party baie goeie verhoudings sal skielik eindig terwyl ander op wonderlike, onverwagte maniere ontwikkel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die volmaan skyn in jou loopbaansone. Maak jy die meeste van die professionele geleenthede om jou? Streef daarna om ander te wys waartoe jy regtig in staat is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is lus om kontak te maak met ’n verskeidenheid mense terwyl die volmaan in jou kommunikasiesone geaktiveer is. Probeer om jou drome so avontuurlik moontlik te maak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy voel fisiek en emosioneel van stryk gebring. ’n Geldelike situasie of sakekwessie kan in ’n heeltemal onverwagte rigting gaan. Wees dus aanpasbaar!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Is daar ’n magstryd tussen jou en jou maat? Smag jy na meer vryheid terwyl hulle groter verbondenheid wil hê? Die enigste oplossing is om mekaar tegemoet te kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is op soek na stabiliteit, maar dis die laaste ding wat jy tans by geliefdes kry. Daar is ook onsekerheid omtrent iets wat jy hoop, droom of wens en jy pas aan by vinnig veranderende omstandighede.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Kinders of tieners laat die grense vervaag en beproef jou geduld. As jy ferm én buigsaam is – ’n moeilike balans om te verkry – sal jy hulle die pad kan wys al verander die omstandighede die heeltyd.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Verwag die onverwagte, veral wat persoonlike projekte, gesinsake of huishoudelike kwessies betref. Jou dag sal baie deurmekaar wees as jy hierdie dinge haastig probeer hanteer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Pasop dat jou spontantiteit jou nie in onverwagte moeilikheid laat beland nie. Probeer ’n heel ander benadering met ’n rebelse kind of tiener.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy kan nie die huidige geldelike druk ontduik nie. Ander moedig jou dalk aan om met jou kontant kanse te vat, maar die Steenbok se versigtige en konserwatiewe benadering is die veiligste.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die Waterdraer-volmaan versterk jou roekeloosheid, maar te veel haas kan tot ’n bakleiery of ongeluk lei. Pak dinge stadiger aan. Jy het goeie sterre om oor gesamentlike geldsake en gedeelde hulpbronne te praat.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie aanneem jy weet wat ander dink en voel op hierdie mal volmaan-dag nie. Jy mag dalk ver uit wees. Moenie huiwer om ’n verduideliking te vra as jy onseker is oor mense se bedoelings nie.