Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In dié jaar sal jy baie betekenisvolle veranderinge maak. Jy begin anders dink oor van die belangrike dinge in die lewe en dit stuur jou lewe in ’n heel ander rigting. Daar is ’n krisis en dis nodig dat jy beheer neem.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon sal buitengewone krag en energie hê. Hulle het ook baie selfvertroue. Hulle dink prakties en het die vermoë om doelwitte te stel en daaraan te werk tot hulle dit bereik. Hulle is bedagsaam en verstandig.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag bevind jy jou in ’n situasie waar jy jou houdings en idees moet beheer. Mense om jou sal weens die kleinste dingetjie aanstoot neem en dis iets wat jy regtig nie nou nodig het nie. Wees taktvol.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag val die klem op die verlede. Gelukkig is die atmosfeer goed; dus behoort jy nie te veel probleme te ervaar nie. Gelukkig sal jy uit die foute van die verlede leer en dit vermy om vandag weer dieselfde foute te begaan.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het ’n groot deel van die dag met vriende en vennote te doen. Dis sal pret wees, maar daar kan probleme oor botsende tye wees en iemand sal die rooster wil verander. Daar is die een of ander soort gedeelde wins, wat lekker is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het goeie sterre vir enigiets wat met werk of aansien te doen het, maar dis naweek. Jy werk waarskynlik uit wat jy vanjaar kan doen om dit ’n tyd van vooruitgang te maak.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy dink weer na oor mense en omstandighede op veraf plekke of selfs oorsee. Party Tweelinge sal vandag selfs besprekings maak en dié wat dit nie doen nie, sal maar moet aanhou droom en hoop op ’n reis.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Uitgawes wag en dis nie nuus wat jy verwelkom nie. Dit sal waarskynlik wees omdat jy of iemand onverskillig is. Daar is nie baie geld betrokke nie, maar dis steeds irriterend omdat dit so onnodig is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intimiteit. Vandag gee jy liefde en jy ontvang netsoveel. Daar is ook goeie sterre vir jou om openbare gesellighede by te woon.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dis ’n besige dag, maar jy voel ’n bietjie af. Dit het waarskynlik te doen met wat jy gister of laas nag gedoen of nie gedoen het nie. Om tot jou ellende by te dra is daar baie om te doen en dit lyk of jy die een is wat dit doen.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Met die klem op jou vyfde hoek sal daar baie kontak met jongmense wees, veral kindertjies. Baie dikwels het die sterre wat jy nou het, te doen met kinderpartytjies of ander vierings.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou gedagtes is by jou huis en wat jy kan doen om dit te verander in ’n paleis waar jy van die wêreld kan ontvlug. Hoekom kyk jy nie of jy die spaarkamer in toevlug kan verander nie? Jy kan dit jou studeerkamer noem. Klink dit na ’n goeie idee?

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sal kontak hê met familie en bure. Dis baie hartlik; dus geniet julle waarskynlik ’n braai of dalk tref jy reëlings vir ’n geselligheid in die week.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die goeie nuus is jou geldsake lyk beter. Die slegte nuus is dit sal nie juis veel verbeter nie en wanneer dit gebeur, is daar skuld wat afbetaal moet word. Eindelik het jy min of niks oor nie. Dis die lewe, Steenbok.