JOU DAG

Jy het goeie sterre om vandag jou emosies te beheer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dis groot pret om naby jou te wees. Jy hou daarvan om by jou familie en vriende se lewe betrokke te wees. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer harmonie en balans in jou besige lewe te bewerkstellig.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is rusteloos en lus vir verandering, maar is ander mense gereed vir jou ambisieuse idees? Moenie te haastig wees nie. Konsultasie en aandag aan besonderhede sal jou heelwat verder bring as om dinge halsoorkop te doen.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou maat vra jou vir verstandige raad. Enkellopendes trek die aandag van ’n paar bewonderaars, maar laat hulle eers hulself bewys voor julle oor die romantiese horison verdwyn.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie tyd mors deur te praat oor alles wat jy moet doen nie. As daar take tuis of by die werk is wat gedoen moet word, rol jou moue op, kry jou kop reg en sit skouer aan die wiel!

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis ’n wonderlike dag om ’n misverstand tussen jou en ’n kind, tiener of vriend uit die weg te ruim. Moenie oorhaastig tot gevolgtrekkings kom nie. Bestee genoeg tyd voor jy besluit en kry eers al die tersaaklike feite.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy werk hard daaraan om jou gesinslewe te laat vlot en dit sal later vrugte afwerp. Moenie net praat oor wat jy beplan om te doen nie – wys jou verbintenis deur jou optrede.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy kan ongeduldig raak met party mense se gebrek aan inisiatief en entoesiasme, maar dis nie nou die tyd om aanstoot te gee nie. Wees ekstra versigtig met jou boodskappe op sosiale media.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jou buie wissel na gelang van saam met wie jy vandag is. ’n Vriend of kollega is entoesiasties oor ’n projek, maar maak eers seker van die feite, syfers en geldsake voor jy jou daartoe verbind.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is geneig om jou ware gevoelens te verberg omdat jy bang is om jou swakhede te wys en te veel oor jouself te onthul. Dit is tyd om belangrike sake met ’n familielid of vriend te bespreek.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As jy jou besluite op logika baseer, beteken dit jy sien nie die geheelbeeld nie. Leer om te luister na jou wyse intuïsie – dit sal jou in die regte rigting lei.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy ontdek kreatiewe oplossings vir lastige probleme terwyl jy idees bespreek en jou talente tentoonstel. Ander wag ongeduldig vir resultate, maar bestee tyd om sake goed te bespreek.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Voel dit of jy net met werk besig is en geen pret het nie? Hou net uit. Die professionele vaardighede wat jy nou slyp, sal in die toekoms vrugte afwerp. Onthou om versigtig te begin. Bederf jouself met iets spesiaals.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Gaan jou kosbare idees tot niet? Die maan gee jou kreatiwiteit ’n hupstoot en Saturnus help jou om abstrakte konsepte in konkrete werklikhede te verander. Gryp die geleentheid aan om voort te stu.