Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar gebeur vanjaar baie om jou. Dit is ’n tyd waarin jy gedurig aan die gang is en heeltyd verwag die mense om jou moet met jou byhou, wat nie maklik gaan wees nie. Jy is dalk ’n bietjie te kragdadig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dit is ’n energieke mens. Dit gaan ’n uitdaging vir hul ma wees, want hulle gaan heeltyd besig wees. Hulle gaan baie in sport en fisieke aktiwiteit belangstel. Hulle kan dalk ’n suksesvolle atleet wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Mense gaan moeilik wees en iemand gaan halsstarrig wees, al is dit dalk onbewustelik. Ek gaan nie sê wie halsstarrig is nie, maar dalk vind jy baat by fyn luister na wat almal sê – jy inkluis.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar gaan klein maar hardnekkige probleme wat verband hou met geld, of dalk die gebrek daaraan. Soms moet ons net kyk na wat ons wil hê en daarvoor spaar. Dit is dalk ook wys om duur breekbare goedere te beskerm.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Mars is in jou teken; dit gaan jou help met take wat al ’n ruk oor jou kop hang. Aan die negatiewe kant kan Mars in jou teken jou ook ’n bietjie kragdadig maak wanneer ’n sagte benadering ’n beter keuse is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Mars in jou 12de hoek gaan jou graag laat wil ontspan. Dit beteken nie jy gaan kan ontspan nie; dit sal jy self moet reël. Ek wens jou sterkte toe, maar jou kanse lyk nie goed nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit lyk goed vir jou om die onmoontlike te vermag. Dit beteken nie jy kan met een sprong oor hoë geboue spring nie, maar dit beteken wel jy kan ’n paar takies afhandel wat jy die afgelope ruk nie agter die rug kan kry nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar lê ’n dol dag vir jou voor. Sodra jy een taak afhandel, val daar nog een voor jou voete. Soms gaan jy nie eens tyd kry om die eerste taak af te handel nie. Die goeie nuus is, jy kry meer gedoen as wat jy dink jy kon.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die sterre bring harmonie waar daar in die laaste tyd onmin was. Geniet dié omstandighede en laat mense sien selfs die kragdadige Ram kan aangename oomblikke met vriendelike mense geniet.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag se sterre bring dikwels geldbekommernisse. Gewoonlik gaan hierdie sterre gepaard met ’n onverwagte rekening in die pos en jy bekommer jou dat jy nie genoeg geld het om dit te betaal.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Mars in jou hoek vir vennootskappe bring aktiwiteit rakende ’n vennoot. Dit is waar jy beter sal vaar as jy met ’n vennoot werk, al hou jy gewoonlik nie daarvan om met ander te werk nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Mars is aktief in jou hoek vir gesondheid en dit bring soms klein beserings. Dit kan amper alles wees, maar dikwels is dit sny- of brandwonde of stampe wat veroorsaak word deur nalatigheid of wanneer jy te veel dinge op een slag probeer doen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Mars is aktief in jou hoek vir liefde en romanse en dit kan interessante gevolge hê. Al werklike probleem met hierdie sterre is dat iemand geneig gaan wees om oorhaastig te wees en ’n bietjie te impulsief te wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy gaan graag sekere dinge tot ’n end wil bring. Gewoonlik hou hierdie sterre verband met die huis; dalk hou dit verband met ’n paar huishoudelike toestelle wat vervang moet word.