JOU DAG

Die sterre dui op ’n onvoorspelbare, verwarrende dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is selfversekerd en georganiseerd en voel gou gefrustreerd as sake te stadig beweeg. In 2016 moet jy passie met heelwat geduld balanseer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Soek jy werk? Met Venus, Mars en Jupiter wat almal vinnig deur jou werksone beweeg, moet jy die yster smee terwyl dit warm is. Vir party behulpsame Ramme is vrywilligerwerk ’n bevredigende opsie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is in die bui om behoorlik inkopies te doen en vind maniere om jou fisieke voorkoms te verbeter. Dis ’n wonderlike tyd om ’n nuwe uitrusting te koop, jou hare te laat knip of skoonheidsprodukte aan te skaf.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die Tweeling-maan stel ’n besige dag vol verskeidenheid, vriendskap, kommunikasie en kreatiwiteit in die vooruitsig. Jy is gretig om met mense wat soos jy dink in ’n groepsituasie saam te werk.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal professioneel vordering maak as jy kreatiewe denke en ’n innoverende benadering kombineer. Volg jou instink as jy nie seker is oor ’n verhouding nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die Leeu is baie gejaagd, maar weet jy waarheen jy gaan? Dis nie ’n goeie dag om belangrike besluite te neem nie, want jy het nie rigting nie. Wag tot jou gedagtes meer stabiel en gefokus is.

VIRGO 24 Aug.-23 Sep.

Naby verhoudings sal vandag verwarrend wees omdat motiewe wat verkeerd verstaan word tot irrasionele denke en misverstande lei. Dit sal dus wys wees om minder te praat en meer te luister.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Verwag die onverwagte wat jou naastes betref. Iemand sal jou met iets onaangenaams verras, maar dis niks wat jy nie met hope Weegskaal-styl sal kan hanteer nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is gretig om die lug te suiwer en iets van jou hart af te kry. Party mense sal jou eerlikheid waardeer terwyl dit ander nie sal amuseer nie. Probeer om dit kalm te hanteer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Is jou geliefdes moeg vir jou beloftes en ondernemings om te help wat baie min tot aksie oorgaan? Dis tyd om jou beloftes na te kom.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Laat dinge wat nie noodsaaklik is nie gaan en fokus op wat jou gelukkig maak. Keer terug na die basiese dinge wanneer jy probleme met ’n geliefde uitstryk. Probeer om sake vanuit die ander persoon se perspektief te sien.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vandag se sterre stimuleer jou eksentrieke Waterdraer-kant en jou geneigdheid om dinge op onkonvensionele maniere te doen. Is jy siek en sat daarvoor om enkellopend te wees? Liefde en avontuur wag aanlyn.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

’n Verhouding met ’n geliefde kan nogal verwarrend wees. Bly koelkop en moenie toelaat dat hulle jou emosies op hol jaag nie. Vir enkellopendes kan ’n ligte flirtasie ’n onverwagse wending neem.