Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is goeie sterre vir die jaar. Jy sal harder en langer werk vir minder geld, maar die eindelike uitkoms sal dit alles die moeite werd maak. Dit is ’n jaar waarin jy met alles jou gesonde verstand moet gebruik – jou dieet, oefening of werkprogram.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal bedagsaam, konserwatief en nadenkend wees. Hulle sal nie veel erg hê aan vrolikheid nie, maar sal versigtig en aandagtig te werk gaan met die versamel van geld en besittings. Hulle sal goed trou en ’n liefderyke gesin hê.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

’n Buurman of -vrou, familielid of kollega sal ’n verwarrende boodskap los. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie, maar vandag sal jy geneig wees om op te tree volgens jou interpretasie van die boodskap. Ongelukkig gaan jy dit verkeerd interpreteer.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Voor jy enige aankope maak, moet jy die mark nagaan. Wanneer jy wel die aankoop maak, moet jy seker maak van jou kleingeld. Met jou huidige sterre kan en sal amper enigiets gebeur.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is ’n bietjie laat in die week om met nuwe projekte te begin, maar dit sal jou nie keer nie. Die goeie nuus is, die nuwe projekte sal heel goed vaar, ten spyte van klein haakplekke wat vandag en môre opduik.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die maan is in jou 12de hoek, die hoek wat veroorsaak dat jy dinge doen wat jou ondergang kan beteken. Dit is dus dalk wys om by jou roetine te hou en alles te vermy wat ’n risiko-element bevat, ongeag hoe klein dit is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende en kollegas. Hierdie sterre sal die regte toestande bring vir ’n partytjie en sosiaal verkeer, veral in die middag en aand. Dit behoort jou gelukkig te stem.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Soms bring vandag se sterre ekstra verantwoordelikheid. Dit sal jou lekker laat voel en sal jou aansien effe verbeter, maar jy het ander planne vir die dag gehad. Later sal alles weer na normaal terugkeer.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal dink jy het ’n doelwit bereik, maar vandag se sterre is effe misleidend; dus kan jy jou misgis. Gaan dus alles na voor jy jou op die skouer begin klop. As dit nie nou is nie, sal dit later wees.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Op ’n manier sal ’n misverstand insluip wanneer jy reëlings tref rakende jou gedeelde geldsake. Jy sal vir mense verduidelik hoe sake staan, maar hulle luister nie of gee nie om nie. Wees slim en skryf alles neer.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is lieflike sterre vir die huwelik, vennootskappe en intimiteit. Hierdie sterre sal jou die hele dag bybly, so daar is nie rede tot haas nie. Gebruik jou sensitiewe kant om jou gevoelens op ’n manier uit te druk.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal effe olik voel; siekteverlof is dalk toepaslik. Maar die Leeu se pligsgevoel sal seëvier en jy sal jouself werk toe sleep. ’n Paar mense op kantoor sal selfs voorstel dat jy huis toe gaan.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag bring goeie toestande vir tyd saam met iemand spesiaals. Jy sal by hierdie mens wil wees, of dalk is dit ’n groep mense, maar jy het werk om te doen en werk kom eerste. Is dit regtig hoe dit moet wees?

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Te oordeel na jou sterre pak jy ’n dag vroeër op om vir die naweek en volgende week voor te berei. Daar is ’n paar bittersoet oomblikke omdat ’n paar dinge op ’n end kom, al het jy gehoop dit hou nog ’n rukkie aan.