Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar goeie sterre vir byna alles. Jy sal baie gelukkige, onvergeetlike tye beleef in of danksy persoonlike verhoudings. Jy begin in ’n kreatiewe of kunsaktiwiteit belangstel.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is aantreklik en het ’n aangename persoonlikheid. Hulle is geneig om deur die lewe te dobber, maar sal baie vriende en bewonderaars hê. Hulle behoort goed te vaar in ’n beroep waar daar nabye kontak met die publiek is.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag is daar goeie omstandighede vir geldsake. Soms kan dit meebring dat jy ’n keer of wat op klein skaal wen, maar dit gebeur nie dikwels nie. Die waarskynlikste bron van ekstra geld is ’n tweede werk of ou lenings wat afbetaal word.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy sal in mooigoed belangstel. Die sterre om mooigoed te koop of verkoop is dieselfde. Dit is dus moeilik om te sê of jy dit koop of verkoop. Hoe ook al, jy sal met enige transaksies tevrede wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal na verwagting baie tyd by die huis deurbring. Vandag doen jy wat jy lankal wou. Tyd en verpligtings het jou voorheen verhinder, maar nou het jy die geleentheid om dit te doen. Spring dus aan die werk.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy moet jou geldsake behoorlik bekyk. Jy het sekere dinge vir vandag beplan en weet hoeveel jy moet bestee, maar daar kom altyd onverwagte koste by.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag is jy gereed om met ’n nuwe projek te begin. Dis moeilik om te sê wat dit is, maar dit behels waarskynlik jou maat. Wat dit ook al is, dis presies wat jy wil hê en ná ’n paar klein probleempies sal sake goed verloop.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit lyk asof iemand vasbeslote is om van jou foute van die verlede aan die kaak te stel. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om seker te maak ander vorige foute bly begrawe.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy sal gretig wag dat dinge gebeur en dit sal, maar waarskynlik nie nou al nie. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om guns te wen en seker te maak daar is geleenthede in die toekoms.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Venus, die godin van die liefde en romanse, is in jou hoek vir die huwelik en intimiteit. Dit behoort dus ’n interessante dag te wees. Jy kan wys hoe goed jy op die gebied van die liefde en romanse vaar. Wees romanties.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Sake lyk goed. Jy het planne vir die dag beraam en dit lyk of dit goed uitwerk. Wees net versigtig, want jy wil nie in die situasie beland waar jy jou planne op die nippertjie moet red nie. Dis ’n uitstekende aand.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Venus, die liefdesgodin, sal die grootste deel van die dag in jou hoek vir die liefde en romanse geaktiveer wees. As ek moet uitstippel wat onder hierdie sterpatrone sal gebeur, verdien jy nie dat dit gebeur nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy het goeie sterre om jou huis gemakliker in te rig, veral die sitkamer. Jy dink al ’n rukkie na oor hoe jy hierdie deel van jou huis kan verbeter. Dis nou jou kans.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie nuus oor ’n familielid. Soms bring die sterre wat jy het nuus mee oor ’n geboorte of ’n verlowing. Die nuus sal vreemd genoeg dui op verandering in jou lewe. Daar is goeie omstandighede vir geluk.