Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het uitstekende sterre vir vanjaar. Jou skip kom in. Daar kan die een of ander soort wen wees, maar meestal bring hierdie sterre geleenthede dat jy vir jou naam kan maak.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is baie gewild. Hulle sal vrygewig en innemend wees, met ’n glimlag vir almal. Hulle is bereid om die tweede myl vir hul medemens te loop. Hulle is aangename mense.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy kan vandag goeie geluk geniet. Jy kan dalk iets wen, maar dis waarskynliker dat dit goeie omstandighede vir jou liefdeslewe of jou hegte verhoudings in die algemeen sal meebring. Vanaand behoort interessant te wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is die omstandighede goed vir dinge wat met die huis te doen het. As jy een van die baie Bulle is wat daaraan dink om jou lewensruimte uit te brei, is dit dalk nou ’n goeie tyd om jou op ’n manier daartoe te verbind. Dis ’n tyd om groot te dink.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy sal meer rondhardloop as op ’n gewone Maandag. Dit lyk of dit sake behels wat met ’n familielid of bure verband hou. Werksake is ook daarmee verweef; dus is dit alles baie ingewikkeld.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het baie goeie sterre vir geldsake. Ek sê nie jy sal geld in die pad optel nie, maar die moontlikheid is nie uitgesluit nie. Jy kry dit makliker as gewoonlik. Dalk word jy betaal vir werk wat jy lank gelede gedoen het.

LEO (24 Jul.-23 Aug.)

Die goedgunstige Jupiter word in jou teken geaktiveer. ’n Goeie atmosfeer heers. Dit bring goeie geluk mee en ’n geleentheid om jou belangstellings uit te brei. Soms kan dit voordelig wees om meer as een yster in die vuur te hê.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iets uit die verlede keer terug, maar dié keer sal dit nie kwade gevolge inhou nie. Jy sal geprys word. Dis aangenaam, maar dit sou beter gewees het om die lof te kry toe dit relevant was.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is baie goeie sterre om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Dit gebeur op ’n Maandag wanneer jy die minste lus het vir kuier, maar dis ’n goeie verandering van ingesteldheid. Jy sal leer om te hou van gesellig verkeer.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Ek dink nie jy sal tot ’n uitvoerende beampte bevorder word nie, maar dit lyk tog of jy ’n trappie op die leer klim. Dalk word jy gevra om mense te wys hoe van die roetinewerk in jou afdeling gedoen word.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die klem val op lang afstande en jy is bly daaroor. Dalk dink jy daaraan om na ’n ver plek te gaan of iemand van ver beplan om na jou toe te kom. Hoe dit ook al sy, dis goed.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy dink aan aangename dinge. Wat jy as aangenaam beskou, is baie subjektief, maar omdat jy ’n Steenbok is, het ek ’n redelik goeie idee waaraan jy dink. Dit sal ’n prettige dag wees, ongeag wat gebeur.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Met Jupiter in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings behoort daar goeie omstandighede vir intieme oomblikke te wees. Dit kan ’n namiddagkuiertjie beteken, maar dis nie gewoonlik hoe sake in hierdie omstandighede uitwerk nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het goeie sterre vir werk. Dit moet regtig goed wees wanneer ek so iets oor ’n Maandagoggend sê. Jou sterre dui meestal op nuwe werk of spesifieke werk wat jy gewoonlik geniet en uitsonderlik goed doen.