Wat jou sterre voorspel met Arthur Bowman.

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is vanjaar goeie sterre vir jou. Jy kry nuus wat jou opbeur en jou toekoms verbeter. Daar is mense wat hul bes sal doen om jou te verneuk – dus moet jy waaksaam wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is dromers. Hulle droom groot, maar het die vermoë om hul drome te bewaarheid. Hulle het ’n goeie verstand en is vlug van begrip. Hulle sal goed vaar as handelaars of argitekte.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou werk wag en jy het nog nooit voorheen so min lus gevoel om werk toe te gaan en te doen wat die baas vra nie. Die probleem is as jy nie werk nie, kan jy nie eet nie en as jy nie eet nie, kan jy nie werk nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

’n Klein gelukkie kom na jou kant toe. Ek dink nie dit beteken jy sal iets wen nie, maar dit is wel moontlik dat jy iets kleins kan wen. Met dié sterre moet jy gewoonlik op die regte tyd op die regte plek wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is daar meer harmonie as gewoonlik. Dis moeilik om te sê presies wat die rede is, maar dit lyk asof mense meer bereid is om te help en minder bitsig is. Maak die beste van die goeie omstandighede. Dis ook ’n goeie aand.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy sal meer as gewoonlik rondhardloop. Dit lyk asof jy van plek tot plek gaan om iets vir jouself te kry. Jy kan aan ’n projek werk wat vereis dat jy op twee plekke ’n basis moet hê.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Hou ’n ogie oor jou geldsake. Daar is probleme en rekeninge op pad. Die sterre wat jy het, dui daarop dat jy rekeninge vir nutsdienste kry. Dit moet betaal word anders kan die krag of water afgesny word.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is daar ’n paar klein dinge wat begin. Jy sal dit waarskynlik nie agterkom nie. Begin soos jy wil voortgaan. So kan daar geen verwarring wees nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dis ’n tyd om versigtig te wees. Iemand het foute begaan en vandag kom die foute aan die lig. Dis moeilik om te sê of jy die een is wat die foute begaan en of jy dit regstel. Jy sal meer gemaklik daarmee wees om hulle reg te stel.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis ’n goeie dag om saam met vriende en kollegas te wees. Dit beteken nie regtig om fisiek by hulle te wees nie – julle kan telefonies kontak hê of op ’n ander manier met mekaar kommunikeer. Maak seker hulle verstaan alles wat jy sê.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is ’n lekker hupstoot vir jou ego en aansien. Gewoonlik bring die sterre wat jy het lof van bo mee. Ongelukkig is daar geen ekstra geld of voordele nie, maar minstens sien jy van jou onlangse pogings word waardeer.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die sterre wat vandag om jou is, is jou hoofsaaklik goedgesind. Dit lyk of jy take afhandel en jy ervaar daardie gelukkige gevoel wat mens het wanneer jy goed vaar met ’n moeilike taak. Sê min, maar luister baie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag is daar heelwat uitgawes wat jy nie wil hê nie. Te oordeel na jou sterre is die meeste van die uitgawes onverwags en nogal groot. Jy sal dus nie ’n gelukkige Bul wees nie. Jy sal maar net moet betaal.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis een van daardie dae dat jy regtig met mense behoort saam te werk. Jy sal graag alleen wil werk, maar dit sal ’n fout wees en jy het nie nou nog foute nodig nie. Jy sal deur met ander saam te span ’n ontdekking maak.