JOU DAG

Dis die perfekte dag vir navorsing of om die antwoord op ’n verwarrende probleem te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy funksioneer goed in die materiële wêreld. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer tyd te bestee om jou geestelike kant te verken. Jy leer om jou intuïsie te vertrou.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se sterre sorg vir ’n stimulerende dag. Verrassings en verwarring is moontlik en sal jou kort aandagspan gelukkig hou! Roekelose gedrag kan die Ram in die warm water laat beland.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Fokus op jou doelwitte en toekomsdrome. Betrek ’n familielid by jou planne – dié persoon bied ’n nuwe perspektief. Probeer om jou idees duidelik oor te dra.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy sal dalk later spyt wees oor skielike geldbesluite, veral wat gesamentlike geldsake betref. Oordink sake behoorlik.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vertroue is ’n groot kwessie in ’n romantiese of platoniese verhouding. Vermy die versoeking om wrokke te koester en koppig te wees. Kry dit oor jou hart om te vergewe en vergeet.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jy ekstra geduldig en volhardend met ’n familielid te werk gaan, sal jy verras wees oor die vordering wat jy maak. Die omstandighede is ook gunstig vir alle vorme van studie, navorsing en onderrig.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy voel verward terwyl Venus agteruit deur jou teken beweeg. Vandag is die omstandighede goed vir take wat harde werk en vernuf vereis. Jy sal verlig wees wanneer dit goed afgehandel is.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

As jy tuis nie jou kant bring nie, sal jou gesinslede of huismaats vinnig jou tekortkominge uitwys. Dalk is dit tyd om weer oor die rooster vir huishoudelike take te onderhandel?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Is jy verveeld met jou gewone roetine? Hou op om jou oor roetinesake te kwel. Gee ’n tree buite die boks waarin jy leef en doen iets onvoorspelbaar of ongewoon.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die spontane Boogskutter sal ekstra rusteloos voel omdat jy rondhardloop op soek na nuwe avonture. Verstadig die pas anders kan jy dinge sê of doen waaroor jy later spyt sal wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy verkies om ’n probleem stadig maar seker te takel, maar ’n geliefde wil dit dadelik opgelos hê. Vind ’n middeweg – dis die slim en verstandige ding om te doen.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is lus om verandering aan te spoor omdat innoverende idees en laterale denke jou verbeelding op dreef het. Wees versigtig om nie die baba saam met die badwater uit te gooi nie!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die fokus is op groepsaktiwiteite en ander sal jou kreatiewe idees waardeer. Dis ook ’n goeie dag om jou navorsingsvaardighede te slyp terwyl jy op soek is na inligting wat moeilik te vinde is.