Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n besige, opwindende jaar. Jy sal vanjaar heelwat van jou doelwitte bereik. Skielike en ongewone voordele sal jou aansien verhoog. Die vlieg in jou kosmiese salf is moeilikheid weens ’n vrou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon se karakter het vele fasette. Hulle het hoë standaarde en verwag dit ook van der. Daar wag moeilikheid en teleurstelling weens die teenoorgestelde geslag. Hulle volg ’n vriendelike, sorgelose lewensbenadering.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre om wense te laat waar word. Die sterre het dié keer meestal betrekking op geld. Dis nie baie geld nie; net klein bedraggies. Geniet klein opbrengste met loterykaartjies. Probeer is die beste geweer.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Die sterre vir vandag is in jou guns, hoewel jy dalk nie so sal dink namate die dag vorder nie. Met hierdie sterre sal jy meer verantwoordelikheid kry. Dis nie ’n goeie noot waarop die week eindig nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iets uit die verlede, dalk iets van ’n veraf of vreemde plek, keer terug en haal jou in. Dis nie juis ernstig nie. Moet dus nie bekommerd wees nie. Aanvaar dit net.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het goeie sterre vir ’n kuier met vriende. Daar is selfs ’n kans dat jy na ’n partytjie sal gaan, maar wees versigtig, want dit lyk asof daar ’n paar rekeninge is wat jy sal moet betaal. Hou ekstra geld by jou.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit lyk asof jy in beheer is, maar dis geen nuwigheid nie. Dit lyk asof tweelinge altyd besig is om die leiding te neem wanneer daar dinge is wat gedoen moet word. Dis ’n goeie idee om saam met ’n vennoot te werk – iemand wat jou idees sal aanvaar.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir dinge wat met buitelandse plekke te doen het. Jy sal dink oor hoe lekker dit sal wees om dié tyd van die jaar in Parys of Rome te wees, maar jy sal maar net weer moet afkom aarde toe, rustig wees en die dag geniet.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy besluit om die lewe anders te takel. Met die sterre wat jy het, begin jy van jou waardes bevraagteken. Jy vra jou af of jy regtig so gevorderd en slim is as wat jy dink. Hulle sê dis die begin van wysheid.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy het goeie sterre vir sake, veral wat grond en eiendom behels. Jy besluit om een van jou eie projekte te eindig. Dis moontlik ’n stokperdjie of belangstelling waarmee dit in die afgelope tyd nie goed gegaan het nie.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets waarvoor jy gehoop het, wat met ’n vennootskap te doen het, sal gebeur. Vir sommige Weegskale beteken dit bevordering, maar vir die meeste beteken dit baie meer werk en minder tyd om te ontspan.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir werk en aansien, en jy sal daarvan hou. Iemand belangriks sal jou uitsonder vir spesiale aandag en vir ’n slag sal die aandag tot jou voordeel wees. Jou liefdeslewe blom – eindelik.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het baie om te doen en dis heel normaal vir ’n Vrydag, maar skielik is daar hindernisse. Maak nie saak hoe hard jy probeer nie, niks sal gebeur nie. Moenie bekommerd wees nie – al wat jy moet doen, is om ’n paar uur te wag vir die naweek.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir sake wat met persoonlike verhoudings, veral met familielede, te doen het. Jy tref reëlings vir gesellighede, soos verjaardagpartytjies of dalk ’n doopplegtigheid.