Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die vooruitsig vir die komende jaar lyk goed, maar verwag probleme met misleiding of bedrog. Jy sal alles volgens die reëls moet doen, want so nie gaan jy met hierdie sterre beslis uitgevang word.

BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:

Dié babas het goeie sterre, maar sal waarskynlik nogal ’n dromer wees en moet leer om hul voete op die grond te hou. Hulle gaan goed vaar in ’n gebied wat verbeelding verg. Hulle is baie aantreklik.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy wil sekere goeddoen en het die afgelope week planne beraam, maar die naweek is hier en jy besef alles is nie soos jy dit beplan het nie. Die beste raad is om stadig maar akkuraat te werk. Die vooruitsigte vir romanse lyk goed.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is ’n kans op klein gesondheidsprobleme. Gewoonlik bring hierdie sterre probleme verwant aan vergrype of oordadigheid, wat ongewoon is vir jou. Daar gaan iets interessants met werk en misleiding gebeur.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou sterre lyk goed vir jou liefdeslewe. Hierdie sterre gaan alles vir jou doen; wys net hoe baie jy omgee en dit gebeur vanself. Jy gaan ’n wonderlike aand beleef. Maar dis ’n slegte dag vir geldsake; wees dus versigtig.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit is een van daardie dae dat jy liewer by jou gewone roetine moet hou. Maar dit help nie om jou hiervan te vertel nie, want jou roetine gaan vroeg al voete kry.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is nie ’n lekker dag nie; jou gedagtes voel deurmekaar. Die sterre sê nie eintlik wie deurmekaar is nie, maar dit sou ongewoon wees as dit die praktiese Steenbok is. Iemand moet hul voete stweig op die grond hou. Jou aand lyk goed.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Wees op jou hoede vir geldprobleme. Dit gaan meestal veroorsaak word deur verkeerde kleingeld; maak dus seker van jou kleingeld wanneer jy iets koop en maak seker van die feite as jy meer geld gevra word as waarop daar ooreengekom is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre gaan jou tot groot dade inspireer. Al wat jy nou kort, is die vaardigheid en die geleentheid om dit te doen, maar die vooruitsig daarvoor lyk skraal; hou dus jou drome vir jouself.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy of iemand na aan jou het die afgelope paar dae ’n paar onbesonne foute begaan, en vandag moet jy skouer aan die wiel sit om daardie foute uit die weg te ruim en dit te laat lyk of dit nooit gebeur het nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die sterre lyk goed vir tyd saam met vriende en kollegas. Daar is ’n kans op die een of ander partytjie of samesyn, wat lekker gaan wees. Jy moet kyk na jou geldsake en hoe dit ontwikkel.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jou huidige sterre gaan veroorsaak dat jou andersins uitstekende oordeel jou in die steek laat. Hou dit heeldag in gedagte; moenie oorhaastige besluite neem nie en moet liefs nie belangrike projekte vir goed beëindig nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre lyk goed vir ’n paar dinge. Die een is sport, veral watersport, en die ander hou verband met langafstandkommunikasie. Daar is ook goeie sterre vir geestelike of filosofiese sake.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Met vandag se sterre is dit ’n slegte tyd om geldsake te probeer uitsorteer. Jy gaan waarskynlik vergeetagtig wees en idees hê wat te onprakties is. Dit is wel ’n wonderlike dag vir intieme verhoudings.