Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar verdeel jy die wêreld in twee kampe – dié wat vir en teen jou is. Hierdie verdeling is in grotendeels net in jou kop en so ’n tweedeling bestaan nie regtig nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het inspirerende sterre. Hulle sal ’n lewendige verbeelding en ’n sin vir filosofie, godsdiens of enige vorm van toneelspel hê. Hulle sal ook in fotografie belangstel.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets wat jy wou hê, gebeur. Dis nie so belangrik nie, maar behels vriende en iemand wat vir jou baie goed was. Die probleem met vandag se gebeure is daar is ’n element van misleiding.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy dink weer aan iets wat jy ’n ruk gelede gedoen het noudat jy in ’n soortgelyke situasie is. Jy moet onthou wat jy gedoen het en hoe. Dit sal die moeilikste wees om te onthou hoe jy dit gedoen het.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dink jy steeds hoe lekker dit sal wees om ’n seevaart te onderneem? Wel, dis waarop jou sterre dui. Hoekom hou jy nie op om brosjures te lees en kry jouself op ’n boot om jou watererfenis te geniet nie?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre om jou geldsake te verbeter. Jy kan op kleinskaal wen, maar dis meer waarskynlik dat jy twee beroepe beoefen en nóg werk doen om die begroting te laat klop. Moet dit net nie oordoen en sake so bederf nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is ’n geleentheid om magiese sterre in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings te geniet. Jy is dalk so gelukkig om ’n namiddagkuiertjie te kan reël. Jy sal vinnig moet optree, maar nie te vinnig nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dis nodig dat jy versigtig is met werksake. Sekere sake is nie hoe dit lyk nie. Bevraagteken alles en wees skepties oor alles wat mense vir jou vertel, selfs al is die mense jou vriende en vertroude kollegas.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die son en Neptunus raak jou in jou hoek vir die huwelik en intimiteit en jou hoek vir liefde en romanse. Met aspekte soos hierdie moet jou liefdeslewe verbeter. Doen dus jou bes om dinge te laat gebeur.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Omstandighede by die werk sal eindig of so lyk dit. Eintlik sal dit net verstadig en daar sal ’n onderbreking wees. Dit sal gou weer begin en jy sal na groter, beter dinge kan aanbeweeg. Dis ’n goeie tyd om notas te neem.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry verrassende nuus. Moenie te opgewonde daaroor raak nie, want iemand het die kat aan die stert beet. Hulle vertel die nuus in goeder trou aan jou, maar is verkeerd. Luister, maar kontroleer dit eers self.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy moet ekstra geld uithaal vir huissake. Dikwels bring die sterre wat jy vandag het betalings vir water of brandstof mee. Dalk is dit niks meer as die gewone brandstof- of waterrekening nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

As jy na vreemde plekke op pad is, maak seker jy het ’n kaart by jou, want daar is aanduidings dat jy kan verdwaal en jy weet jy haat dit. Jy sal goeie nuus van ’n familielid kry.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Kyk ’n bietjie na hoeveel geld jy uitgee. Moenie items koop wat jy nie kan teruggee nie en maak seker jy betaal ’n billike prys vir enigiets wat jy koop. Iemand gee vir jou ’n klein, maar oulike geskenk. Dalk is dit ’n laat verjaardaggeskenk.