JOU DAG

Probeer om vandag versigtig en kreatief te kommunikeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ongelooflik veelsydig en het ’n wye verskeidenheid talente. Die volgende 12 maande is dit tyd om familie en vriende by jou kreatiewe planne en projekte te betrek.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal deur verhoudingskwessies kan werk solank die kommunikasiekanale oop bly. Jy sal dalk oor en oor moet luister na iets wat ’n kind sê.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die maan beweeg deur die aardse Bul se teken en dit is dus ’n wonderlike dag vir kosmaak, tuinmaak, handwerk of selfdoentakies by die huis. Staan tyd af om duidelik en presies te kommunikeer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Baie praat en min doen sal ander vandag irriteer. Dis in orde om jou idees met ander te bespreek, maar die Bul-maan moedig jou aan om produktief te wees en jou idees in die praktyk toe te pas.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Daar is vandag ’n stryd tussen jou kop en hart aan die gang terwyl jy deur teenstrydige inligting werk. Venus is steeds besig om agteruit te beweeg. Hanteer dus misverstande in verhoudings met ekstra takt.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan verwag dat ’n persoonlike projek buite beheer sal word en Venus wat steeds agteruit beweeg laat jou wonder wat op aarde aan die gang is. ’n Bietjie geduld sal jou help om daardeur te kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Het iemand jou onregverdig gekritiseer? Moenie jou daaroor bekommer nie. Vat die hou op die ken, Maagd, en sit dan skouer aan die wiel met die taak wat voorlê. Daar is baie om te doen!

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met Venus wat agteruit beweeg, is daar ’n gevaar dat jy troos in kos sal probeer vind. Probeer om jouself te beperk. Voed jouself op ander maniere – deur ’n ontspannende massering of deur jou hare te laat versorg.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Voel dit of jy onder al meer druk verkeer? Jy probeer die balans tussen werkeise en verhoudingsverantwoodelikhede regkry. Dis tyd om die middeweg te kies. Balans is die sleutel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy weet wat jy wil doen, maar dit beteken nie noodwendig dat jy dit sal doen nie! Misterieuse motiverings dryf jou tans. Wie weet watter pad jy op die ou end sal kies?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die produktiewe Bul-maan gee jou krag vir werksprojekte en om ander met jou professionaliteit te beïndruk. Hou ’n persoonlike projek vir eers geheim tot dit meer konkreet is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers is mal oor ’n lewendige debat. Met vurige Mars en Venus, wat agteruit beweeg, albei in jou verhoudingsone is jy selfs meer kontroversieel as gewoonlik!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal die beste van die dag maak as jy kreatief, nuuskierig, hulpvaardig en vriendelik is. Sake sal nie volgens plan verloop nie. Wees dus aanpasbaar.