Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Hierdie jaar gaan ’n paar aangename verrassings bring, waarvan die meeste jou privaat lewe gaan betrek. Daar gaan dus nie veel materiële belonings wees nie. Jy gaan ook baie van jou gewone roetines verander.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas gaan op ’n sekere gebied uitblink. Hulle gaan soms ’n bietjie wisselvallig wees, maar gaan hard werk en gaan die geheelbeeld kan sien. Hulle gaan belangstel in elektronika of fisika.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy is in ’n oorgangsfase. Iets eindig en iets beters neem sy plek in. Ons hoop maar dit is iets beters; die tyd sal leer. Vandag kyk jy krities na jou huis en werkruimte.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Om die een of ander rede wil mense jou kontak. Dit is dalk nie iets wat baie pla nie, maar aan die einde van die dag gaan jy wonder of daardie tyd wat jy aan mense afgestaan het, jou verlore werktyd werd is.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy kyk nie gewoonlik Woensdae na jou geldsake nie; dit gebeur gewoonlik vroeër in die week, maar iets gaan vandag opduik wat maak dat jy jou rekeninge nagaan en sien hoe jou kredietkaarte daar uitsien.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is ’n goeie dag vir nuwe projekte. Dit beteken nie jy kan beplan vir ’n ruimtereis nie; hou by die bekende, want vuurpylwetenskap is nie een van jou vakgebiede nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

In ’n sekere opsig gaan alles wat vandag opduik, ’n weerspieëling wees van wat al verby is. Wel, dit is nie presies hoe dit gaan wees nie, maar dit gaan so voorkom, want dit wat al verby is, is in misterie gehul.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou sterre lyk goed vir tyd met vriende en kollegas. Hierdie sterre gaan jou iets bring wat jy wil hê. Dit is moeilik om te sê wat dit is, maar dikwels is dit die een of ander partytjie waar ou vriende mekaar sien.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy gaan tot hoofbeampte bevorder word. Dit klink na ’n lekker droom. Jammer dat ek jou moet teleurstel, maar so ’n bevordering gaan nie gou gebeur nie. Vandag se bevordering gaan nie die ware Jakob wees nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou gedagtes is nie helder nie. Dit is wat jy sal sê wanneer mense ongeduldig met jou raak en geïrriteerd met jou foute raak. Jou gedagtes is pure Ram.

TAURUS (Apr. 21 to May 20)

Vandag bring uitgawes wat uit jou gedeelde rekening gedek moet word. Dit is moeilik om te bepaal wat dit is, want dit het moontlik te doen met jou huis en sake verwant daaraan. Jy sal net moet opdok.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jou maat gaan aantrekliker voorkom; die gevoel is wedersyds. Dit kan lei tot amper enigiets, maar dit is die middel van die week; jy sal moet reëlings tref as jy dink dit gaan tot iets spesifieks lei.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou werklading gaan swaarder wees. Jy is in elke geval gewoond daaraan; dis ook maar goed so, want dit gaan moeiliker as gewoonlik wees. Jy moet ook let op gesondheid. Wie s’n? Wie weet?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag bring goeie sterre vir die liefde en romanse. Wat ’n jammerte dat dit ’n werkdag is, want jy kan wys hoe vol liefde die Leeu is. Die aand lyk ook goed.