Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar goeie sterre, maar jy moet versigtig wees en liggaamlike probleme vermy. Dit beteken gereelde oefening en ’n gebalanseerde dieet. Jy gaan die een of ander ingewikkelde sakereëling tref.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dit is ’n persoon wat jy summier sal vertrou. Dit is iemand wat net die regte ding sal doen. Hulle is harde, presiese werkers wat sal bly tot die taak afgehandel is. Hulle het ’n lewendige intellek.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit is die einde van die werkweek en die einde van iets wat al ’n ruk lank talm. Jy gaan bly wees oor hierdie einde, al beteken dit iets nuuts wanneer jy Maandag begin werk. Jy maak laat klaar.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie sterre vir werk. Jy sal nie so hard soos gewoonlik hoef te werk nie en jy gaan nie enige van die ongewone take kry wat jy moet doen nie, maar ten minste maak jy betyds klaar; wel, amper betyds.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het goeie sterre vir geld. Ek sou graag wou sê jy kry op ’n manier geld in, maar die beste wat ek kan bied, is dat jy vandag ’n bietjie ekstra geld verdien. Geld spaar is soos geld wen.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die laaste dag van die werkweek is ’n ongewone tyd vir nuwe projekte, veral as die projekte dreig om jou lewe oor te neem, en vandag is so ’n geval. Ek veronderstel dit verlig die druk op volgende week.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy dink jy het alles onder beheer, maar dan wys iemand jou jy het nie. Dit blyk jy moet maar van vooraf begin en omdat dit die einde van die werkweek is, sal jy aan die gang moet kom.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iemand gaan beloftes maak, maar jy weet goed hulle kan en sal dit nie nakom nie. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie; laat hulle praat en gaan jou eie gang.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy gaan ekstra werk doen met die belofte van meer geld of iets wat as aansporing dien. Jy behoort van beter te weet; jy was al in hierdie posisie en die beloofde belonings is nêrens te vinde nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy sal ’n besluit maak en aan jouself iets belowe. Dit kan dalk verwant wees aan vergeleë plekke of dalk die een of ander opleidingskursus. Enige van vandag se beloftes gaan jou lewe dalk nie so diep raak nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Dit is die einde van die week en jy is toegegooi onder onvoltooide werk. Dit is maar goed jou baas is simpatiek, of hoe? Maak maar net ingeval jou werk klaar.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir intieme verhoudings, en die beste deel daarvan is dat dit die grootste deel van die dag so sal wees. Dit kan beteken dat jy take afhandel en konsentreer op die plesiertjies wat op jou wag.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Op ’n manier kry jy by die werk ekstra verantwoordelikheid. Gewoonlik gee jy nie om nie, maar vandag is jy so afgetrokke dat jy nie die ekstra werk verwelkom nie. Moenie dat dit jou steur nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Ongelukkig moet jy vandag werk en kan nie die lekker toestande geniet wat die sterre bring nie. Al weer ’n geval van swak tydsberekening, maar is jy nie al daaraan gewoond nie?