Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar lê daar gemengde toestande vir jou voor. Jy werk langer en harder, maar vir ’n verandering kry jy wat jy najaag en belangrike mense, wie dit ook al is, waardeer jou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens het ’n goeie houding. Hulle het nie veel erg aan vrolikheid nie, maar het ’n slinkse humorsin. Hulle sal ’n harde werker wees wat hard en lank sal werk aan enige projek wat hulle begin. Hulle is nie treffend mooi nie, maar aantreklik op hul eie manier.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Aan die begin van die week is jy heel stert in die lug, maar kort voor lank kry vertragings en ongerief jou onder en jy droom oor wat jy die afgelope naweek gedoen het en wat jy volgende naweek wil doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Alles verloop soos gewoonlik op ’n Maandag, maar daar is oponthoud weens iets wat lankal gedoen is. Dit pla net dat dit waaroor hulle praat, heeltemal onverwant is aan wat nou gebeur.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende deurbring, veral ou vriende. Dit beteken jare lange vriende en vriende wat ouer is as jy. Luister na wat mense sê; jy sal goeie leidrade kry vir die res van die week.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit gebeur gewoonlik nie op ’n Maandag nie, maar daar sal van jou gevra word om ekstra verantwoordelikheid te aanvaar. Jy sal nie omgee nie, want mense dink in die algemeen jy is iemand wat weet wat aan die gang is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag bring oponthoud met reis mee. Baie dikwels verwys hierdie sterre na lang afstande; wag tot later in die week as jy reëlings wil tref vir ’n lang reis. Sterkte as jy vandag reis.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

’n Rekening sal laat by jou aankom. In ’n sekere opsig het die rekening iewers vasgedraai, en nou het jy minder tyd om dit te betaal. Jy sal net moet opdok, maar as dit ek was, sou ek iemand hieroor aanspreek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir die huwelik of intieme verhoudings. Hierdie sterre is veral goed as daar ’n aansienlike ouderdomsverskil is tussen jou en jou maat. Gedeelde projekte wat nou begin is, sal goed vaar en baie lank voortduur.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy sal ervaar dat jy ekstra verantwoordelikheid by die werk het. Gewoonlik bring hierdie sterre ekstra verantwoordelikheid, maar sonder vergoeding. Dit beteken jy is in ’n moeilike situasie – iets waaraan jy al gewoond is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse, maar jy moet dinge stadig en versigtig doen. Gelukkig is die Kreef nie geneig tot oorhaastigheid nie; jy sal rustig voortgaan met alles wat jy aanpak.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dit is die begin van ’n nuwe week, maar die einde van iets wat al ’n ruk lank aan die gang is. Gewoonlik dui sterre aan die einde is verwant aan ’n werkprojek. Dit wat dié projek vervang, bring nuwe uitdagings.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit is dalk ’n goeie idee om so min moontlik van jou lessenaar op te staan. Dit is nie dat jy sal sukkel met jou beweging nie, maar daar sal oponthoud en dom struikelblokke wees; met jou huidige sterre is jy geneig om humeurig te wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Kyk mooi na jou bestedingsgewoontes. Daar is items te koop en jy sal geneig wees om te koop sonder dat jy van markwaarde seker maak. As jy moet koop, moet jy kyk na gehalte, pleks van prys. Met gehalte kan jy nie probleme verwag nie.