Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar hou volgehoue voorspoed in wat jou lewe in die algemeen verbeter. Daar is skielike eer en sukses terwyl mislukking jou in die gesig gestaar het. Die meeste geldsake sal eindelik tot jou voordeel wees.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense het gunstige sterre vir dinge wat met besigheid te doen het. Hulle het ’n breë uitkyk en oorspronklike denke. Hulle behaal sukses in die rekenaar- of elektroniese veld. Daar is ook sukses met humanitêre werk.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy het baie om te doen. Die meeste daarvan het van verlede week of selfs vroeër oorgestaan. Dit sal jou besig en uit die kwaad hou, maar Visse hou van kattekwaad...

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Sterre wat effense geluk bring, skyn na jou kant toe. Soms kan dié sterre klein winste bring, maar as dit gebeur, sal dit regtig baie klein wees, en vir baie Ramme sal dit byna niks wees. Daar is wel goeie omstandighede vir jou liefdeslewe.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy het goeie sterre vir dinge wat met die huis te doen het. Vir sommige Bulle beteken dit hulle kry die huis wat hulle wil hê, maar vir die meeste beteken dit hulle eindig ’n huisprojek wat die woning hopelik ’n bietjie meer klas gee.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre om rond te gaan en mense te ontmoet. Hierdie sterre sal nie veel materiële voordeel inhou nie, maar te danke aan hulle behoort jy ’n prettige dag te hê met geleenthede vir blywende voordele.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis ’n dag waarop dinge gebeur wat jou versigtig ’n opname laat maak van wat jy het en nie het nie. Jy eindig by die pluskant en sal dus tevrede wees met hoe jou lewe is. ’n Bietjie ekstra sal wel welkom wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jupiter is aktief in jou teken en bring goeie geluk. Dit kan materiële gewin beteken, maar behels waarskynlik dat jy een van jou doelwitte bereik – iets wat jy gedink het nie sal gebeur nie. Sien jy hoe volharding altyd vrugte afwerp?

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Iets wat jy ’n rukkie gelede gedoen het, sal onverwags slegte gevolge vir jou inhou, maar dis nie te erg nie en jy is nie ontsteld nie. Jy moet teen jou sin ’n gesagsposisie inneem.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jou sterre vir vandag sal jou tydens jou daaglikse takies vroliker maak. Dit gebeur nie dikwels nie – die omstandighede is dus welkom. Jou doeltreffendheid en kundigheid sal weer bespreek en hopelik geprys word.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy sal vandag in ’n goeie bui wees danksy Jupiter se ligging. Selfs ongeskikte mense sal dit nie regkry om jou goeie bui te versuur nie. Wees net versigtig en moenie beloftes maak wat jy waarskynlik nie sal kan nakom nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Wanneer ek die sterre sien wat jy vandag het, dink ek gewoonlik daar is goeie nuus van oorsee of ’n ver plek. Maar soms is dit jy wat die goeie nuus versprei. Dit lyk of dit alles ’n dag vol geluk en baie glimlagte in die vooruitsig stel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie omstandighede vir dinge wat met gesamentlike geldsake te doen het. Ek wens ek kon sê jy sal ’n klomp geld wen, maar die beste wat ek kan sê, is jou gesamentlike rekening lyk beter as wat dit ’n hele ruk lank gelyk het.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir die huwelik en intimiteit. Hierdie sterre sal waarskynlik nie vir onbeteuelde passie sorg nie, maar daar sal aangename oomblikke wees ¬– tye dat jy goed voel oor die lewe en die liefde en alles wat daarmee saamgaan.