Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar hou baie aksie in, asook die potensiaal vir vooruitgang. Soms kan die sterre wat jy het jou laat wen. ’n Gereelde loterykaartjies sal dus nie seermaak nie. Jy maak gedurende die jaar baie ontdekkings.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is ondernemend en het ’n wetenskaplike benadering. Hulle het die potensiaal om vooruitgang te maak en deur hul tydgenote vereer te word. Hulle sal baie bereik deur hul oorspronklike denke en vermoë om by te hou by die tyd. Hulle stel in elektronika belang.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die volmaan bring vandag goeie omstandighede mee om te werk saam met ’n vennoot of selfs ’n groep mense wat dieselfde oor dinge dink. Ek sê nie jy sal berge versit nie, maar jy sal heelwat gedoen kry.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar sal werkprobleme wees. Hierdie probleme sal te doen hê met die werk wat van jou verwag word en deels ook met die mense by wie jy betrokke is. ’n Bietjie diskresie sal goed wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is daar goeie omstandighede om jou sin te kry. Dis nie duidelik wat dit is wat volgens jou sin moet verloop nie, maar dit sal iemand naby jou behels. Daar is ook goeie sterre vir liefde en romanse vanaand.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Soms bring die volmaan gesprekke oor die een of ander soort bevordering mee. Terselfdertyd lyk dit asof daar oor ’n einde gepraat word. Dit kan ’n keerpunt vir jou wees.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou gedagtes is by ver plekke en jy sal wonder of jy ooit van daardie plekke sal besoek. Moenie bekommerd wees nie, Weegskaal. Jy sal wel reis, al vertrek jy nie so gou as wat jy wil nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die sterre wat jy vandag het, bring soms onverwagte uitgawes mee. Dis waarskynlik nie alledaagse uitgawes nie, maar dinge soos versekeringspremies of dalk eiendomsbelasting wat albei jaarliks kom. Daar gaan jou spaargeld.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou sterre vir vandag dui gewoonlik op ’n soort begin. Dit sal iets met ’n stokperdjie of belangstelling te doen hê. Soms kan dit ook met jou werk te doen hê, maar dit gebeur selde. Dis ’n opwindende dag.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Sake uit die verlede duik op en jy moet dit hanteer. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen, behalwe om dit te trotseer nie. Natuurlik sal ’n bietjie hulp van die ander wat ook geaffekteer word welkom wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse en terseldertyd goeie sterre dat ’n wens kan waar word. Dit maak dit ’n gelukkige dag met die belofte van interessante en welkome gebeure. Wat dit ook al beteken.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets eindig, maar die goeie nuus is iets beters begin. Dis moeilik om te sê presies wat dit vir jou beteken, maar die sterre dui meestal op gebeure wat met die huis of dinge om die huis te doen het.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Alle vorme van reis is vandag belangrik. Die tipe reise wat meestal geaffekteer word, is kortafstandreise. Soms dui dit op vertragings en soms hou dit uitgawes in. Dis dalk ’n goeie idee om vandag ’n bietjie vroeër te vertrek.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir jou geldsake. Vandag kan geld na jou kant toe kom. Ek dink nie dit sal geld wees wat jy wen nie. Dit sal meer waarskynlik geld wees wat jou toekom. Sake val eindelik in plek.