Wat jou sterre voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre plaas die fokus op nuwe idees en om take op venuwende maniere aan te pak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n sensitiewe siel. Desember is die beste maand om aan te sluit by ’n webtuiste waar jy ’n spesiale persoon kan ontmoet, om verlief te raak, verloof te raak en te trou of om jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die Ram se verstand is besig. Jy het ’n opwindende nuwe plan of los ’n problem op ’n vernuwende manier op. Verveeldheid en ’n uitstellery is uit en opwinding en passie is in!

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Ander wil graag hê jy moet van plan verander, maar skop jy vas en weier om toe te gee? Die sterre sal vir jou aanmoediging wees om sake op ’n heel ander manier te beskou.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Baie Tweelinge wat groepsmense is, is vandag gretig om inligting te deel en idees met vriende en familie uit te ruil. Maak net seker jou innemende geklets word nie ’n ongegronde geskinder nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Moenie aanneem jy het al die antwoorde nie. Daar is baie wat jy by ander kan leer, veral by die kinders in jou lewe. Uit die mond van die suigeling kom altyd die waarheid. Let op.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dit wat jy sê het die mag om ander positief en op verrassende maniere te beïnvloed, veral in ’n groepsituasie. Maak dus seker jy het iets inspirerends om te sê.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Verbeeldingskrag is vandag aan jou kant. Jou dagdromery en kreatiewe visualiserings wanneer jy na jou eie, wonderlike en private wêreld ontsnap lewer idees en inspirasie op.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou kommunikasievaardigede is aan die brand en jy sal jou portuurgroep vergroot en opwindende nuwe verbintenisse smee. Dis ook die perfekte tyd om moeite te doen om iets te leer en jou kennis te verbreed.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dink groot oor professionele sake of vrywilligersprojekte. Met Venus en Jupiter aan jou kant kan jy regtig ’n verskil maak. Die sleutels hier is selfvertroue en kommunikasie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Jy is gretig om jou kennis te verbreed en win idees en inspirasie van wyd en syd in. Probeer om meer geduldig te wees met ’n verwarde familielid.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Praat met ’n familielid oor jou idees en aspirasies vir die toekoms. Die omstandighede is goed vir studie en navorsing – veral as jy iets moet hersien. Neem jou tyd en moet dit nie afjaag nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Bepaal jou aandag by hoe jy ’n vriend of familielid kan ondersteun wat deur ’n moeilike tyd gaan. Liefde en baie aanmoeding sal baie help om hulle weer aan die gang te kry.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Is jy verveeld met die daaglikse roetine? Soek vandag stimulerende mense op. Vier jou veelsydigheid, verander jou gewone roetine en doen iets heeltemal anders.