Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal daar ’n paar buitengewone gebeure, gebeure wat die verloop van jou lewe sal verander. Jy sal later nie van van die gebeure hou nie, maar by nabetragting sal jy besef dit is goeie dinge wat met jou gebeur het.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal op die een of ander gebied byna geniaal wees, dalk fisika, elektronika of rekenaars. Hulle sal geneig wees om ietwat onvoorspelbaar te wees, maar sal liefdevol en vriendelik wees. Hulle is familievas en sal baie vriende hê.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit is ’n opwindende tyd vir jou; iets kom op ’n end en word deur iets beters vervang. Jy sal eers ná ’n rukkie gewoond raak aan die nuwe toestande wat dit bring, maar jy sal nie omgee nie; die Steenbok hou van ’n uitdaging.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Sake uit die verlede sal kop uitsteek. Dit hou meestal verband met familielede wat daarop aandring om sondetjies of voorvalle van die verlede op te haal wat jou ’n bietjie dom laat voel. Dit is maar hoe die lewe is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat jy wou hê, gebeur vir jou. Dit sal met geld of goedere verband hou. Dalk kan jy eindelik iets koop vir jou stokperdjie of belangstelling en al kos dit meer as wat jy verwag het, is jy ingenome.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Deur jou eie vindingrykheid of deursettingsvermoë bereik jy ’n klein doelwit. Dit bring ’n aangename verbetering in jou status of aansien en dit streel jou ego. Dit gebeur nie baie nie; maak die meeste van die oomblik.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal meer sprake wees van ’n reis na vêrgeleë plekke. Is dit nie tyd vir aksie pleks van net sprake nie? Moenie bekommerd wees nie – op die oomblik het jy goeie sterre vir reis; moet dus nie eens aan ’n reisplan dink nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy kry iets wat jy wou hê. Eintlik sal dit baie werk van jou kant verg vir jou om dit te kry. Dit wys net hoe hardnekkige vasberadenheid wel kan veroorsaak dat jy die dinge kry waaroor jy dink en droom.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is goeie sterre vir jou om doelwitte te bereik, maar meestal bring hierdie sterre prestasies met of deur ’n vennootskap of groep. Kry dus hulp as jy iets aanpak.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Ten spyte van die tyd van die jaar dink jy aanwerk. Jy bekommer jou dalk oor of jou werk nog daar sal wees wanneer jy terugkeer en of jy in dieselfde pos as verlede jaar sal wees. Dit sal nie help om jou te bekommer nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is goeie sterre vir ’n wen. Soms beteken hierdie sterre finansiële gewin, maar nie hierdie keer nie. Hierdie keer hou dit blykbaar verband met hulpbronne verwant aan werk, of dalk kry jy iets spesiaals vir jou stokperdjie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die goeie nuus vir vandag is, daar sal skielike, heerlike veranderinge verwant aan jou huwelik of intieme verhouding wees. Hier begin jy op ’n nuwe grondslag, ’n grondslag wat jou perfek pas.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dikwels bring vandag se sterre werk verwant aan familielede. Jy help ’n familielid of dalk een van jou bure deur vroeg by die werk op te hou en hulle te help bou. Die goeie nuus is, die persoon sal dankbaar wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se sterre is bevorderlik vir liefde en romanse, asook ’n klein wen. Daar kan dalk ’n soort oorwinning wees, maar as daar is, is dit nie ’n grote nie; moet dus nie iets groots najaag nie.