Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy sal vanjaar belangrike dokumente onderteken. Dikwels bring die sterre wat jy nou het ’n soort kontrak of ooreenkoms wat jou dag-tot-dag-roetine sal laat verander. Daar is baie harde werk, maar baie belonings.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hulle is hardwerkend en sal alles insit om seker te maak die voltooide artikel is so na as moontlik aan volmaak. Hulle is bedagsaam en konserwatief. Hulle het ’n mooi voorkoms en is stil – hulle probeer nie op die voorgrond kom nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre vir vennootskapsake en om met iemand saam te werk. Moet dus nie probeer om ’n taak alleen te doen nie, selfs al dink jy die werk is maklik genoeg dat jy dit alleen kan hanteer. Om dinge oor te doen is so vervelig.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dis ’n goeie dag vir nuwe besigheidsplanne, veral ondernemings wat oor ’n lang tydperk voordele inhou. Jy kan irritasie en ongerief verwag. Om hierdie ergernisse te hanteer sal nie maklik wees nie, maar jy kan dit doen.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre om saam met jou spesiale persoon te wees en jous uit te druk soos net die ram van die diereriem kan. Daar is ook goeie sterre vir winste. Dit kan soms klein winste beteken, maar moenie daarop staatmaak nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou gedagtes is by belangrike kwessies soos die huis. ’n Aspek van jou huislike omstandighede of die dekor van een van die vertrekke bereik ’n einde. Jy vervang dit met iets meer modern en kleurvol.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis een van daardie dae dat kommunikasie belangrik is. Dis nodig dat jy dinge organiseer, maar eers moet jy die mense wat betrokke is, kontak. Ongelukkig sal dít baie frustrerend wees en dit sal vandag ’n moeilike dag maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy is lus om te ontspan en die wêreld sy gang te laat gaan, maar so sal jy nie die nodige dinge kan koop nie. Lig dus jou sitvlak en laat dinge gebeur. Jy kan vanaand behoorlik rus.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy begin met iets anders. Dit kan iets wees wat net vir jou gebruik bedoel is, maar ander sal ook wil deel wees daarvan. Jy moet dus jou kleim afpen. Sake vir die hede en toekoms lyk goed.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dis een van daardie dae dat jy nie aan die gang kan kom nie. Jy kyk na dinge wat jy veronderstel is om te doen en niks gebeur nie. Die enigste ding om te doen, is begin stadig en laat die momentum opbou met elke klein oorwinning.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dit gebeur nie dikwels dat jy skop teen hoe die sisteem werk nie. Gewoonlik hou jy daarvan om die lewe net te laat gebeur, maar vandag kyk jy na wat jou lot in die lewe blyk te wees en besluit jy wil beter hê. Sekere mense sal nie beïndruk wees nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit lyk of nou ’n goeie tyd is om die dinge te pak wat in die Kersbreek agterweë gebly het. Dis vandag belangrik, want dit lyk of jy die besluite op ’n sekere gebied neem en wil goed lyk terwyl jy dit doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dis ’n goeie tyd om buite te wees, maar natuurlik is dit vir baie Boogskutters ’n werkdag. As jy ’n klein piekniek kan reël met jou wat in die kar sit en middagete eet, doen dit, want dit kan pret wees.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy sal om jou kyk en die tonele om jou bewonder, maar soms is dit nie taktvol om jou bewondering hardop uit te spreek nie en dis nou so ’n tyd. Daar kan ook onverwagte uitgawes wees – dinge wat jy dadelik moet betaal.