Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit is ’n jaar waarin mooi dinge gebeur. Daar sal ’n hupstoot vir jou aansien wees en goeie omstandighede vir geld en besittings. Wees versigtig wanneer jy raad volg, veral oor geldsake. Handel slegs met geakkrediteerde kundiges.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon sal aktief en energiek wees. Hulle wil graag uitblink in sport en fisieke aktiwiteite. ’n Goeie verbeelding sal hulle help om die geheelbeeld te sien terwyl hulle aan die details werk. Hulle is gelukkig, geesdriftig en talentvol.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die aanduidings is dat jy jou min oor geldsake sal bekommer. Gewoonlik bring die sterre wat jy het ’n tekort mee omdat jy die afgelope dae of weke nie versigtig gekoop het nie. Die tyd is geleë om jou skuld te delg.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dis ’n besige dag, en dis jy wat die werk doen. Die goeie nuus is: Mense let op hoe besig jy is en hoe vinnig jy te werk gaan. Dit is eintlik glad nie in jou aard nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy sal besig wees, maar om die een of ander rede verkies jy om op die agtergrond te wees en nie aandag te trek nie. Dit is nie verrassend nie; dit was ’n Waterdraer wat anonimiteit bedink het.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre om saam met vriende en kollegas te wees. Hierdie sterre bring jou nader aan iemand terwyl julle saam aan ’n projek werk. Jou agting en bewondering vir hierdie persoon neem toe. Dis ’n dag van aangename verrassings.

RAM (21 Mrt. -20 Apr. )

Dit lyk asof jy die besluite oor ’n projek of dalk ’n paar projekte neem. Dit is nie permanent nie. Sodra die projek of projekte eindig, sal jy weer van vooraf moet begin.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar kan spanning wees. Dit lyk asof dit onenigheid oor iets behels, maar dit maak nie sin om daaroor te stry nie. Dit kan oor politiek of godsdiens gaan of iets wat geen hoeveelheid redenering sal verander nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag bring ’n groot gat mee in gesamentlike geldsake. Ek voorsien nie dat dit jou onrustig sal maak nie. Dit behels waarskynlik dat jy instem om iets te koop; miskien vir die huis. Dit sal jou lewe gemakliker maak.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is aktiewe sterre in jou hoek vir intieme verhoudings. Dit sal geleenthede meebring om te doen wat Krewe goed doen, wat dit ook al mag wees. Jy voel nader aan iemand en in harmonie met hierdie persoon.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het ’n paar vreemde sterre. Eerstens is daar gevare van klein maar irriterende beserings wat aandag verg. Tweedens lyk dit asof daar meer werk is as wat jy kan hanteer. Laastens is daar kommer oor ’n troeteldier.

MAAGD (24 Aug. -23 Sep.)

Daar is goeie sterre wat jou hoek vir liefde en romanse aktiveer. Hierdie sterre sal die geesdrif bring wat jy nodig het, maar nie die geleentheid nie. Dit is nie so erg nie, want die Maagd is goed daarmee om die nodige geleenthede te skep.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy begin die dag deur te probeer om ’n taak agter die rug te kry. Maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die oplossing bly jou ontwyk. Ek weet dit sal moeilik wees, maar die beste raad is om die projek te laat staan en later weer daaraan te werk.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Omdat Mars in jou derde hoek geaktiveer is, sal jy vandag baie rondhardloop. Dit beteken gewoonlik jy moet kort reise onderneem. Jy het nie verwag om dit hierdie week te doen nie.