JOU DAG

Probeer ’n proaktiewe benadering in die plek van ’n uitstellery.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vasbeslote en idealisties. Jy verkies om jou eie ding te doen en hou glad nie daarvan as jy voorgesê word wat om te doen nie. Probeer meer taktvol en buigsaam teenoor ander wees.

RAM 21 Mrt.-20 April

Jy kan wisselende buie verwag, maar dis niks wat jy nie kan hanteer nie. Hoe meer jy op verskillende maniere kontak met geliefdes het hoe lekkerder sal jou dag wees. Moenie jou oor klein dingetjies bekommer nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om jou onverdeelde aandag aan huishoudelike kwessies te wy. Jy span jou energie en entoesiasme in om ’n bedrukte geliefde op te beur.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie met familie en vriende is tans gekompliseerd. Dit hou wedersyds voordeel in om by ’n sosiale groep of sportklub in jou gemeenskap in te skakel. Moenie dadelik resultate verwag nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Venus wat agteruit beweeg in jou geldsone kan jy onvoorspelbare kontantvloei tot minstens 6 September verwag. Jy sal veiliger voel as jy ’n tweede inkomstestroom ontwikkel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou sjarme het dalk vandag nie die gewenste uitwerking op familielede nie – maak nie saak hoe hard jy probeer nie. Dit sal dus beter wees as jy jou moue oprol en doen wat nodig is sonder om te kla!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

’n Vriend of familielid voel dalk hulle kan na jou toe kom vir troos en praktiese ondersteuning. Jy is in die bui vir luister. Jy gee verstandige raad en neem ook die persoon se gevoelens in ag.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie vandag geldsake as onbelangrik afmaak nie. Kyk na die detail en bestee tyd om dit na te vors, te hersien en aanpassings te maak. Jou geliefdes sal jou toewyding waardeer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die Skerpioen is baie intuïtief. Jy is ingestel op die energie om jou en sal ander se bui aanvoel. Probeer om jou met positiewe mense te omring, op goeie plekke te wees en positiewe ervarings te hê.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag is daar kort-kort vertragings met ’n projek. Dis een tree vorentoe en twee terug. Wees geduldig. As jy ’n lang ruk daarmee besig is, sal daar geleidelik vordering wees wat jou sal tevrede stel.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer proaktief jy tuis en by die werk is hoe beter sal jy voel. ’n Positiewe gesindheid help jou om ’n geldelike tameletjie uit te pluis en dit help jou om langtermyn-antwoorde vir korttermyn- geldelike probleme te soek.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Spanwerk en baie netwerk sal jou help om te kom waar jy wil wees. Wees op die uitkyk vir iemand met wie jy kan saamwerk aan ’n projek wat jou na aan die hart lê. Jy kan ’n paar vertragings onderweg verwag.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Kommunikasie en kreatiwiteit is prominent wanneer jou intuïsie inskop en jy aanvoel wat ander voel. Bestee tyd saam met familie en vriende wat jou selfvertroue laat vermeerder.