Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis son en Jupiter se ligging vandag beteken jy sal ’n uitstekende jaar hê. Jy kan geld wen. As dit gebeur, sal dit min op ’n slag wees, maar dikwels gebeur. Waag met weeklikse loterykaartjies. Jou liefdeslewe maak jou gelukkig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is baie gelukkig en tevrede. Hulle sal goeie geluk geniet en is altyd blymoedig. Terwyl ander mense net mislukkings sien, sal hierdie mense dit beskou as aansporing om groter sukses te behaal.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die son in jou teken en Jupiter in jou hoek vir die liefde en romanse bring interessante moontlikhede mee. Dis ’n kombinasie wat die soort optrede waarvoor die Ram goed bekend is, kan en waarskynlik sal te weeg bring.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir huistakies. As jy dus daaraan dink om die naweek ’n bietjie opknappingswerk te doen, is dit nou ’n goeie tyd om te gaan soek na items wat jy sal nodig hê wanneer jy daardie veranderinge kan aanbring.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Iets waarop jy gehoop het wat met reis of ’n soort kommunikasie te doen het, sal vir jou gebeur. Wel, dit sal dalk nie nou al gebeur nie. Jy sal dalk iets moet doen om dit aan die gang te kry.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Ek sê nie jy sal teen die einde van die dag sakke vol geld hê nie, maar jou geldsake sal effens beter lyk. Jy kan geld kry vir werk wat jy gedoen het of dit kan geld wees waarop jy geregtig is. Dit lyk goed, maar probeer dit versigtig bestee.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy voel jy wil jou ervaringveld uitbrei. Jy kyk om jou en voel kloustrofobies. Jy wil na nuwe plekke beweeg. Dis ’n goeie idee. Begin nou en maak die veranderings wat nodig is voor dit te laat is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is daar onverwagte uitgawes. Dikwels behels die uitgawes iets van die verlede of ten minste sal iemand uit jou verlede nodig hê dat jy jou hand in jou sak steek. Gelukkig is jy nie ’n suinige mens nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie nuus. Iets wat jy wou hê, gebeur. Dit behels ’n kollega of maat en jy word beloon vir werk of reëlings van lank gelede. Dit gebeur omdat jy jou brood op die water gewerp het.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy is in beheer van iets. Dit voel goed, maar daar is tye dat jy wonder of jy in staat is om die besluite te neem wat van jou verwag word. Jy kan iemand kry om vir jou in te staan.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is daar goeie sterre vir die liefde en romanse, maar dit lyk of lang afstande ’n hindernis is. Wees seker van jouself. Daar is misleidende sterre en jy wil nie ’n fout begaan nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Omdat jy ’n aardeteken is, sal jy die sterre waardeer wat jy vandag het. Met hierdie sterre kan jy dit geniet om ’n paar uur in die tuin te werk of iets te doen wat jy andersins nie kan nie. Maak net seker jy volg ’n verstandige plan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die huwelik en verhoudings is onder uitstekende sterre. Met hierdie sterre is dit moontlik om tyd af te knyp vir ’n middagkuiertjie. Daar is ook goeie sterre om in die algemeen saam met jong mense te wees.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit lyk of geld na jou kant toe kom, maar dit lyk of jy dit verdien pleks van wen. Soms kan dié sterre beteken die geld kom van die verkope van items of dit wat jy op onlangse aankope bespaar het.