Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre vir die jaar lyk goed. Jy gaan gewilder raak en jou intieme verhoudings gaan verbeter. Die kans bestaan dat jy die een of ander verraad in jou werkplek sal ervaar; wees dus op jou hoede. Dit is ’n voorspoedige jaar.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is opgewek en vrolik. Hulle is aantreklik en gewild. Hulle gaan in die kunste belangstel en kan dalk vaardig wees met ’n musiekinstrument met snare. Hulle gaan bewonder word vir hul eerlikheid en integriteit.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy gaan besef jy is besiger as gewoonlik op ’n Maandagoggend. Dit is nie iets groots nie, maar dit gaan veroorsaak dat jy nie van die take kan afhandel wat jy vandag beplan het nie. Jy kan dit tot môre uitstel.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy begin die dag met nuwe werk. Die goeie nuus is, dit is werk wat jy wil doen. Dan gaan daar ’n kwessie oor eienaarskap wees. Dit kan amper enigiets wees, maar wat dit ook al is, dit gaan ’n effense verleentheid wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit is die begin van ’n nuwe week en die begin van nuwe toestande. Dit is wat jy verwag het, maar dit gaan uitputtend wees, want jy neem nuwe stelsels en roetines in. Gelukkig kan die Boogskutter nuwe toestande hanteer.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy sien uit na ’n nuwe week, maar besef nie daar is nog dinge wat van verlede week oorgestaan het nie. Dit gaan jou ophou en jy gaan teen die einde van die dag nog agter wees. Begin konsentreer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iets gebeur wat jy graag wou hê. Dit is nie iets groots nie, maar dit is lekker wanneer dinge vir jou volgens plan verloop. Daar gaan ook goeie tye met vriende of geliefde kollegas wees. Iemand bring goeie nuus.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal versoek word om dinge te laat gebeur. Gelukkig gaan dit binne jou vermoë, belangstellings en kundigheid val. Moet net nie verwag hierdie situasie gaan lank duur nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar gaan besprekings oor sensitiewe onderwerpe wees. Dit is nou dalk ’n goeie tyd om stilletjies weg te beweeg sodat jy nie betrokke raak nie. Nie dat jy nie van lewendige besprekings hou nie, maar die afgelope tyd het dinge bietjie handuit geruk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy gaan oor iets dink wat jy wil hê en wonder of daar ’n manier is waarop jy dit kan laat gebeur. Dit gaan nie gebeur as jy net daaraan dink nie; jy moet optree en grondige kennis gebruik.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

As jy effe olik voel, kan jy jou sterre die skuld gee. Jou belangrike besluit vir vandag is of jy werk toe gaan of by die huis bly. Die goeie nuus is, teen die middag voel jy baie beter. Jy ervaar probleme met ’n troeteldier.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre vir romanse lyk goed. Dit verloop maar so. Oor die naweek, wanneer jy iets daaromtrent kan doen, lyk jou sterre vir romanse maar middelmatig, maar Maandag, wanneer jy moet werk, verbeter dié sterre – baie ironies.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jou dag is beplan, maar ongelukkig verloop niks volgens jou planne nie. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie; die kosmos neem soms oor en jy kan net toekyk.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iets kom op ’n end. Jy het gewag vir hierdie einde, want dit het verhoed dat jy iets doen wat jy regtig wou, wat verband hou met ’n stokperdjie of belangstelling.