Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

In die komende jaar sal jy sien hoe jy toegelaat het dat jou lewe oorvol en deurmekaarraak met nuttelose mense en dinge; hulle sal verwyder moet word. Jy sal ontdekkings oor die lewe in die algemeen doen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal baie aantreklik wees en kan hul brood daarmee verdien. Dit is ’n baie intense mens met diep familiebande. Hulle sal geneig wees om lang vriendskappe te hê. Hulle het hoë en edele ideale.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy is al ’n ruk lank in ’n roetine vasgevang sonder om dit agter te kom, of as jy dit agtergekom het, wou jy nie dinge versteur met veranderinge nie. Wel, dit is tyd vir hierdie veranderinge; dis al uitweg.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Geldsake is altyd belangrik, al praat jy oor hoe jy die wêreld se rykdom regverdiger wil help verdeel. Vandag kry jy die kans om te deel, maar soos ons almal, sien jy eerstens om na jou eie belange.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is sake wat uitgestryk moet word, iets wat ’n teer saak is en mense ontstel. Probeer onthou, stil besprekings lewer meer op vir al die betrokkenes as raserige monoloë. Luister versigtig en sê jou sê stilletjies.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iemand vra iemand ’n guns. Die sterre is onduidelik oor wie vra en wie gevra word, maar ieder geval help die Waterdraer graag maar is huiwerig om om hulp te vra.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar kan dalk ’n bespreking wees oor sake wat moontlik vir party mense ’n sensitiewe onderwerp is; wees net diskreet. Jou sterre in ag genome, is dit dalk raadsaam om iewers anders te wees. ’n Piekniek sal lekker wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar sal kommer wees oor take wat voltooi moes gewees het maar nie is nie, of as dit voltooi is, is dit nie ordentlik gedoen nie. Dit blyk jy sal moet vasbyt en dit ordentlik doen sodat almal kan aangaan met hul lewe.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir sake verwant aan geloof, filosofie of een van die wetenskappe, soos astronomie of fisika. Ek sê nie jy sal hier baie bydra nie, maar jy sal belangstel in wat mense sê.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Die lente maak dat mense aan die liefde dink en wanneer jy Pluto in jou agtste hoek het (soos nou die geval is), kan dit dikwels veroorsaak dat jy wonder of jy daardie gedagtes in dade kan omsit.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy dink aan allerhande soorte vennootskappe. Maar jy sal jou meestal bemoei met intieme verhoudings en hoe om sake tussen jou en jou maat te verbeter. Daar blyk nie enige ernstige probleme te wees nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar lê ietwat swak sterre vir gesondheid vir jou voor. Vreemd genoeg kan die sterre meestal sekere mense om jou raak, pleks van jyself. Al effek is dat jy meer het om te doen.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is uitstekende sterre vir tyd saam met jou spesiale mense deurbring en die genot van sulke spesiale geselskap. Daar is selfs goeie sterre om jou gevoelens op ’n tasbare manier uit te druk. Probeer ’n intieme ete vir twee reël.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Een ding waarmee die Weegskaal sukkel, is besluite neem en vandag bring situasies wat belangrike besluite behels. Dit blyk jy sal moet vasbyt, die besluite maak en hoop jy het reg gekies.