Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is vanjaar goeie sterre, maar daar sal misleidende omstandighede wees wat ongemaklike situasies kan skep. Onthou, as iets te goed klink om waar te wees, is dit. Wees gereed om terug te staan.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is ’n gelukkige siel. Hulle is nogal dromers, maar is aangename, vriendelike mense. Hulle sal dalk te vrygewig vir hul eie beswil wees. Hulle het ’n goeie verstand en groot kennis. Hulle sal goed vaar in die lewe.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is een van daardie dae dat jy jouself in ’n mynveld bevind. Om die een of ander rede sal mense liggeraak wees. Maak nie saak wat jy sê nie, dit sal verkeerd verstaan word. Die antwoord is dus om min te sê en op ’n afstand te bly.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die sterre bring meer sosiale aktiwiteite, maar saam met hierdie aktiwiteite kom ’n groter geskarrel. Dit is goed en wel, maar jy sal moeg raak om gelukkige situasies agter te laat om jou aandag by sake te bepaal.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie sterre vir geldsake, maar daar is ook die omstandighede wat die misleidende Neptunus teweegbring. Daar is dus ’n kans dat jy ingeloop kan word of goed koop wat eintlik glad nie gebruik kan word nie. Koop versigtig.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Neptunus is heeldag in jou teken. Dit bring verwarring en die een of ander soort misleiding, maar terselfdertyd sal dit gelukkige omstandighede en kameraadskap bring. Los jou rooskleurige bril by die huis.

RAM (21 Mrt-20 Apr.)

Daar heers verwarring om jou. Dit lyk asof dit iets uit die verlede behels, pleks van die hede. Wanneer dinge te raaiselagtig is, is dit soms die beste om weg te loop.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Dit lyk asof daar ’n bietjie glans in jou lewe is. Dis moeilik om te sê wat dit eintlik beteken, maar ’n vriend of vriende sal betrokke wees. Miskien is daar ’n baie aantreklike persoon onder die vriende wat jou hart laat vinniger klop.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag bring goeie omstandighede vir werk en aansien, maar natuurlik is dit ’n Saterdag. Omdat dit ’n naweekdag is, vermoed ek iemand sal jou ’n sake-aanbod maak wat jy moeilik sal kan weier. Wees versigtig. Bedrog is naby.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Neptunus is in jou negende hoek. Dit laat jou aan langafstandreise dink. Jy dink ook aan ’n reis op water. Jy kan dus plek op ’n vaart bespreek. Wat kan natuurliker vir ’n waterteken wees?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het vandag bedrieglike sterre. Daar is uitgawes in die vooruitsig. Dit is uitgawes waarvoor jy beplan en dalk reeds betaal het. Maar het jy genoeg betaal? Die aanduidings is jy sal weer jou hand in jou sak moet steek.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar kom ongewone omstandighede. Jy sal in situasies kom wat net as vreemd beskou kan word. Gelukkig sal jou praktiese aard jou realisties hou. Jy is daarvoor opgewasse.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Weens die posisie van Neptunus is daar ’n goeie kans dat jy ’n soort ontsteking kan opdoen. Hierdie sterre bring gewoonlik ontsteking mee weens snye of skrape. Wees dus versigtig wanneer jy harde werk doen waarvoor jy skerp gereedskap gebruik.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is betowerende sterre vir liefde. Dit lyk asof hierdie sterre die een of ander nuwe begin en terselfdertyd tonne towerkrag teweegbring. Teen die einde van die dag sal jy ’n warm, vae gevoel hê en die lewe sal goed lyk.