Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het goeie sterre vir vanjaar. Daar sal heelwat goeie gebeure wees, maar jy is geneig om tot die uiterste te gaan en verkeerde besluite te neem wat van die goeie dinge vernietig. Daar is verrassende geleenthede.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense het ’n vrugbare verbeelding en ’n goeie begrip van die lewe. Dit kan tot sukses lei, maar hulle sal hul idees op beslissende tye verander en op die ou end belonings misloop. Dis nodig om hulle versigtig op te lei.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dit sal nie maklik wees om by al die aktiwiteite op jou program uit te kom nie. Dis deels omdat jy jou op die naweek voorberei en deels omdat dit lyk asof jy ekstra verantwoordelikhede het. Jy moet net uithou en vorentoe kyk.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is die hooftema foute en jou probeerslae om hulle reg te stel. Die vreemde ding omtrent die sterre wat jy het, is dit lyk of dit op ’n manier verband hou met mense of omstandighede ver weg, dalk selfs in die buiteland.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is die omstandighede goed dat jy slim idees kan ontwikkel. Wel, jy dink die idees is slim. Moenie toelaat dat sinikusse jou geesdrif demp nie. Jy is ’n kenner van hierdie dinge en dis ’n goeie tyd om op jou oordeel staat te maak.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is verskillende idees oor wat gedoen moet word en hoe ’n mens te werk moet gaan. Jy het jou eie idees en omdat jy die praktiese Maagd is, is jou idees waarskynlik reg. Die laaste dag van die werkweek is ’n slegte tyd vir driftige debatvoering.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Onlangse korrespondensie of onderhoude word bespreek. Jy moet regtig nou die Weegskaal se diplomasie inspan om seker te maak jy kry wat jy wil hê. Sê dit soos dit is, maar wees diplomaties.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou gedagtes is by die liefde en romanse, maar dis normaal vir die Skerpioen. Die verskil is vandag is daar goeie omstandighede om iets daaromtrent te doen. Tree vinnig op, want hierdie geleentheid kan vinnig verbygaan.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Ongewone feite kom aan die lig. Hierdie feite het op die een of ander manier te doen met ’n maat en iets wat eindig. Die soeklig val ook op sake wat met die bestuur van die huis te doen het. Maak liewer seker van jou feite.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is vreemde omstandighede vir werk en reis. Dalk moet jy ’n paar dinge afhandel voor jy by die take uitkom wat voor die naweek voltooi moet word. Wat dit ook al is, dit maak die lewe nie makliker nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar is goeie omstandighede in die vooruitsig. Dis in die vorm van goeie nuus, waarskynlik oor planne vir die naweek. Daar is ook goeie sterre vir sake wat verband hou met die liefde, romanse en babas of kinders.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar verwarrende omstandighede. Dit kan beteken jy neem besluite wat jy nie andersins sou nie. Dit lyk of dit behels dat jy een projek afhandel en iets nuuts en hopelik beters begin.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand is slu en maak moeilikheid agter iemand se rug. Dit dra beslis nie jou goedkeuring weg nie, maar dit gebeur, en wanneer dit gebeur, moet jy dit hanteer. Probeer om ook slu te wees. Bestry vuur met vuur.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy moet aandag gee aan jou geldsake. Dit is van toepassing op jou geldreëlings vir die lang sowel as kort termyn. Kyk eers na die kortermynreëlings en vra dan iemand se raad oor die langtermynreëlings.