Wat jou sterre vandag voorspel met Arthur Bowman.

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal jy ’n paar keer teleurgestel word deur mense wat jy vertrou. Dit sal jou laat kyk hoe jy jou leefstyl kan aanpas sodat jy nie van mense afhanklik is nie. Daar is heerlike omstandighede vir jou liefdeslewe.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is hardwerkend. Hulle is slim en vooruitstrewend, maar sal die heeltyd aanmoediging nodig hê om hul talente ten volle te gebruik. Hulle is geneig om laat met take te begin, maar sal uiteindelik goed vaar.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is daar ’n element van terughoudendheid, veral in jou meer intieme verhoudings. Iemand wat dalk in ’n gesagsposisie is, sal hul bes doen om te keer dat jy doen wat jy wil.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het goeie sterre vir ernstige gesprekke, maar dis Maandag en jy sal waarskynlik nie baie beïndruk daarmee wees om aan die begin van die week ernstig te raak nie. Ongelukkig sal jy nie veel sê in die saak hê nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy kry onverwagte nuus oor geld of besittings. Hierdie sterre kan selfs nuus oor die een of ander grond- of eiendomsooreenkoms meebring. Die goeie ding is die omstandighede is goed en jy begin die week op ’n gelukkige noot.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Te danke aan jou sterre sal jy stop en voorraadopname doen sodat jy kan besluit watter rigting jy die week en in die toekoms wil inslaan. Dit lyk of dit meestal geldsake of grond en eiendom behels.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jou sterre vir vandag lyk meestal goed, maar daar sal ’n paar vertragings wees, en die Skerpioen verpes onnodige vertragings. Jy sal moet leer om ’n bietjie geduldig te wees. Dit sal nie help om knorrig te wees nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het goeie sterre om jou voorkoms te versorg. Jy dink dalk dis nie so belangrik nie en in die meeste omstandighede sou jy reg wees. Maar in die huidige omstandighede is dit belangrik dat jy reg lyk vir die geleentheid.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar sal geleenthede vir vooruitgang wees, maar as jy die geleenthede wil benut, sal jy vandag voluit daarvoor moet gaan. As jy vinnig genoeg is en op die regte tyd op die regte plek kan wees, sal vandag jou dag wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het vandag goeie sterre, maar meer verantwoordelikheid sal op jou skouers gelaai word. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie, maar jy het dit regtig nie vandag nodig nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is baie goeie sterre vir reise en kontak met mense op ver plekke, maar jy kan vertragings en ekstra verantwoordelikhede verwag. Dis nie duidelik wat die ekstra verwantoordelikhede behels nie, maar dit sal jou nie juis beïndruk nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou vryheid en vermoë om van jou wense te bewaarheid sal op ’n manier beperk word. Dis moeilik om te sê wat dit beteken – dalk beseer jy jou voet of enkel en hou dit jou terug.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre om verantwoordelikheid te aanvaar – of dit by jou werk of in jou persoonlike lewe is. Dit lyk of jy die een is na wie daar gekyk word om take af te handel. Jy sal beïndruk wees en dit bring die beste in jou na vore.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag is die omstandighede goed vir alle soorte vennootskappe en om mense te leer ken. Met hierdie sterre sal jy ’n goeie indruk op belangrike mense maak. Jy kry van die take gedoen wat lê en wag het omdat dit “te moeilik” is.