JOU DAG

Vandag se sterre bring gunstige omstandighede mee vir jou om te studeer, navorsing te doen en ondersoek in te stel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is oplettend en lojaal. Ander maak op jou staat om take af te handel. Jy kan ook baie eiewys wees. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer spontaan en buigsaam te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is lus om jou eie ding te doen, maar moenie ander se behoeftes afskeep nie. Moenie die kans laat verbygaan om groot veranderinge by die werk te maak nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie die beplanning vir ’n sakereis of droomvakansie tot die laaste nippertjie uitstel nie. Dis nou die tyd om jou huiswerk te doen – gaan deur jou program en kry jou papierwerk in orde.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Het jy al die selfdoentakies by jou huis uitgestel? Stel ’n rooster op sodat jy die volgende paar dae kan skoonmaak, regpak, versier, herstel en opruim.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Intieme verhouding verander radikaal. Dis soos ’n slang wat vervel. Jou lewe voel wankelrig, maar byt vas. Met Pluto se hulp sal jy ’n stewige, nuwe grondslag skep.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius, die planeet vir kommunikasie, beweeg tot 8 Augustus deur jou teken. Goeie omstandighede heers vir praat, SMS, twiet en om meer betrokke te word by jou plaaslike gemeenskap.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die sterre sorg vir goeie omstandighede om kreatief te wees en pret te hê. Dis ook tyd vir ’n diep, betekenisvolle gesprek met ’n kind, tiener of vriend.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Hou op om oor geld bekommerd te wees en wees liewer dankbaar vir wat jy het. As jy jou geldelike situasie wil verbeter, moet jy volhard en gedissiplineerd wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou kommunikasievaardighede en oorredingsvermoë is sterk. Gebruik dit wys. Die omstandighede is goed om te netwerk. Jy vorm langtermynverbintenisse met mense wat soos jy dink.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die sterre sorg vir ’n gelukslag of gaping vir besigheid, maar jy moet gefokus wees om dit te herken en gedissiplineerd om produktief op te tree.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Streef daarna om balans tussen jou persoonlike en professionele lewe te kry. As jy te veel op werk fokus, sal jou geliefdes knorrig en krities wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie die wonderlike krag van jou verbeelding onderskat om ’n probleem om te los nie. Put inspirasie uit Albert Einstein se woorde: “Verbeelding is belangriker as kennis.”

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie bekommerd wees as jy weer met geliefdes praat oor ’n saak wat reeds bespreek is nie. Dis ’n wonderlike tyd om jou talente in te span ten bate van ’n groep, klub of organisasie.