Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis een van daardie jare waarin dit lyk asof jy twee treë vorentoe en drie terug gee. Jy werk lank en hard, maar dit lyk of dit nie raakgesien word nie. Die sterre dui op ’n sterk kans op verlies deur bedrog of misleiding.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is nogal ’n dromer met ’n goeie verbeelding. Hulle is baie geïnteresseerd in een of meer kunsvorme en vaar goed daarin. Hulle is hardwerkend en streef na volmaaktheid. Hulle is iets vir die oog en het ’n innemende persoonlikheid.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit gebeur nie dikwels nie, maar wanneer jy vandag se sterre het, kan jy op dieselfde golflengte as sekere mense kom. Jy weet wat hulle dink. Dit klink effens vreemd, maar dit sal pret wees.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou gedagtes is met mistieke dinge besig. Jy sal sekerlik nie bekommerd wees oor die praktiese dinge in die lewe nie, maar dit is nogal wat ’n mens verwag van die mistieke Vis. Probeer terugkeer aarde toe.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jou uitkyk sal effens verander. Dit gebeur nadat jy oor die verlede nagedink het. Soms is dit nie so ’n goeie idee om vas te haak by dinge wat jy nie kan verander nie. Begin meer positief dink.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is geleenthede vir jou om van die dinge te kry wat jy al lank wil hê. Dis nog een van daardie tye waarin die spreekwoord beaam word wat lui: “God help dié wat hulself help.” Begin jouself dus help.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Met Neptunus in jou hoek vir werk en aansien is daar ’n baie goeie kans dat jy ’n fout sal begaan. Dinge sal vererger word deur nog foute. Hierdie dinge gebeur; wees dus versigtig in alles wat jy doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het inspirerende sterre. Dis ’n goeie tyd vir dinge soos om briewe te skryf, na goeie musiek te luister of takies te verrig wat jy gewoonlik nie kan nie weens werk of ander verpligtinge. Dis tyd om stil jou iPod te gebruik.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is jou verbeelding geneig om oortyd te werk. Soms kan dié sterre jou effens paranoïes laat voel. As jy dink jy word deur die sisteem geteister, skakel af en doen iets wat jy geniet.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Neptunus in jou hoek vir verhoudings kan betowerende sterre meebring, maar soms bring dit probleme in jou verhoudings met vreemdes te weeg. Dis dalk ’n goeie tyd om van mense af weg te bly.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dit lyk asof verwarring om jou heers, veral oor werksake. Die beste raad is om kers op te steek by mense wat weet wat hulle doen. Vra hulle moet die leiding neem. Jy kan net kyk en leer.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is byna magiese sterre vir jou liefdeslewe. Hierdie sterre sal jou dalk nie maan toe laat vlieg nie, maar dit bring vir jou die geleentheid mee om jouself uit te druk en die meeste Skerpioene het ’n goeie manier om dit te doen – wat dit ook al is.

BOOGKSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Dit lyk asof daar die een of ander soort lekkasie is. Dis nie ernstig nie; nog nie. Dis ’n goeie plan om iemand wat weet wat hy doen te laat kom om dit te herstel. Soms moet hierdie dinge onmiddellik aandag geniet vir veiligheidsonthalwe.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag is kommunikasie deurmekaar. Dis dalk wys om notas te maak van al die reëlings wat jy tref sodat mense nie verwar word en later terugkom met ’n heel ander weergawe van wat gesê is nie. Daar is ook foonprobleme.