Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAGBIRTH:

Vanjaar het jy goeie sterre om sake tot jou voordeel op te los. Terselfdertyd kan daar probleme wees wat waarskynlik veroorsaak word deur jaloesie of iemand wat probeer om iets waarvoor jy hard gewerk het van jou af weg te neem.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is opreg en lojaal. Hulle sal vir ander goeie vriende wees en met baie goeie vriende omring wees. Hierdie sterre bring gewoonlik goeie fisieke gesondheid mee en hulle sal dus baie kindersiektes vryspring.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre om dinge vir jou te laat gebeur – of is daar? Met die misleidende Neptunus in jou hoek vir hoop en wense kan jy dink sake verloop na wense terwyl dit nie regtig die geval is nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy kry vandag bevordering, maar moenie te opgewonde raak nie. Die sterre wat die bevordering meebring, is geneig om misleidend te wees. Jy kan dink jy word bevorder terwyl jy dalk net harder moet werk.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy dink weereens aan reis, veral reise oor water heen, en dalk ’n vaart in die Stille Suidsee. Die water-aspek van jou aard is vandag geaktiveer en dus behoort so ’n vaart jou perfek te pas.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Onverwagte uitgawes is op pad. Dit lyk of dit op die een of ander manier met fotografie of dalk flieks te doen het. Dalk beplan jy om na die teater of fliekteater te gaan. Wat jy ook al beplan, dit loop goed af.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het magiese sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre sal pragtige oomblikke meebring, maar ongelukkig sal dit nie die geleenthede meebring wat jy nodig het om dit alles te laat gebeur nie. Dít moet jy self doen.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy moet versigtig wees met werksake. Moenie dwase risiko’s loop nie. Dit sal nie sommer jouself negatief raak nie, maar jy kan iets verkeerds doen en dan moet jy die daaropvolgende gemors uitsorteer. Jy sal dit regtig nie waardeer nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dis jammer dis nie vandag naweek nie. Jy het goeie sterre om die towerkrag in jou hoek vir liefde en romanse te geniet. Hierdie sterre sal waarskynlik meebring dat jy jou in ’n heerlike droomwêreld bevind en dit gebeur selde.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets kan lek. Dis waarskynlik niks ernstigs nie, maar dis erg genoeg om ’n irritasie te wees. Die nie duidelik wat dit is wat lek nie. Dit kan gas of water wees. As dit gas is, bel ’n kundige. Moenie self na die lekplek probeer soek nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het goeie sterre om tyd saam met familie of bure deur te bring. Dit is goed en dit behoort vir jou ’n heerlike tyd te wees. Maar moenie skinder nie en as iemand vir jou iets vertel wat jy voel verkeerd is – en moontlik is dit – probeer dit ignoreer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Hou dop hoeveel geld jy uitgee. Met die sterre wat jy het, is die kans groot dat jy iets sal koop wat nie is hoe dit lyk nie of soos dit vir jou beskryf is nie. Die ding is, as jy ’n slegte kopie maak, sal jy nie jou geld kan terugkry nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit gebeur dikwels dat jy jou midde in ’n deurmekaarspul bevind en vandag is so ’n dag. Wanneer dit met jou gebeur, is dit dalk wys om die hulp te kry van iemand wat weet wat hulle doen – ’n soort ekspert.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Die fokus is op gebeure in die verlede. Jy weet nou weer wat aan jou geskuld word of wat jy aan ander skuld. Dis nie so ernstig nie, maar dit sal jou besig hou en laat dink oor toekomstige transaksies.