SATERDAG

JOU DAG

Probeer om balans tussen kreatiwiteit en produktiwiteit te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is nie so vol selfvertroue soos wat dit lyk nie. Die komende jaar hou baie uitdagings in wat jy met ekstra energie en krag sal hanteer.

SONDAG

JOU DAG

Dis die vreemde volmaantyd wanneer ’n mens baie emosioneel is en min selfbeheersing het.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is georganiseerd en betroubaar en ander kan op jou staatmaak. In die volgende 13 maande word jy weens Jupiter se ligging aangespoor om te ontspan en pret te hê!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie onbesonne wees nie. Maak eers seker van die feite voor jy oorhaastig optree en ’n sensitiewe situasie vererger. Verhoudings is besonder verwarrend. Los belangrike besluite vir ’n ander dag.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd vir Bulle om ’n wankelende romanse of goeie vriendskap te hersien. Moet jy groter verbintenis wys of is dit tyd om dit te beëindig?

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die kollig. Maak net seker dis om die regte redes. Probeer om balans tussen kreatiweit en georganiseerdheid te kry en moenie jou huishoudelike lewe in die proses afskeep nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is in die versoeking om die naweek vae beloftes te maak, maar moenie jouself tot toekomstige projekte verbind as jy nie seker is jy het die tyd en energie om werk te maak van jou goeie bedoelings nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Weerstaan die begeerte om ’n spul goed te koop omdat dit jou goed laat voel. Vind goedkoper maniere om jouself te vermaak. Het jy al die feite oor gesamentlike geldsake?

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die volmaan is besielend vir vennootskappe en gesamentlike ondernemings, maar Neptunus maak sake gekompliseerd en verwarrend. Moenie aannames maak nie. Sit en luister na wat geliefdes te sê het.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die volmaan plaas die kollig op gesondheid, dieet en oefening asook emosionele en geestelike welstand. Kwessies van die verlede kan opduik. Dis nodig om onopgeloste sake so gou moontlik te takel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Verwag ’n kreatiewe, chaotiese tyd – veral wat kinders, tieners en vriende betref. Stel ’n doenlysie op, maar wees buigsaam om dit te verander en aan te pas soos die naweek vorder.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy maak dalk almal om jou mal met jou ongeduldigheid wat deur die volmaan vererger word. Kanaliseer oormatige energie na professionele projekte en huishoudelike take.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die volmaan verhoog jou energievlakke en jou vasberadenheid om take af te handel. Dis ook ’n wonderlike tyd om met kollegas te netwerk en ’n nuwe strategie vir sosiale media te ontwikkel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dis nie ’n goeie tyd om op ’n inkopietog te gaan of geld uit te leen nie. Jy sal maklik besluite neem oor geld gebaseer op hoe jy voel, maar jou emosies wissel erg weens die volmaan.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Verwag baie hoogte- en laagtepunte terwyl die volmaan jou teken belig. Jou buie kan wissel en daar kan emosionele drama wees, maar daar sal ook heelwat kreatiewe inspirasie en geestelike insigte wees.