Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Hierdie jaar sal gemerk word deur baie aksie, maar nie al die aksie sal na jou smaak wees nie. Daar is dalk herstelkoste wat betaal moet word, meestal deur nalatigheid of ’n gebrek aan insig. Vals aantygings is ook ’n moontlikheid.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal vroeg al vol energie wees. Hulle sal aktief wees, maar sal geneig wees tot klein beserings, meestal aan die bene of knieë. Hulle is dapper maar hardkoppig. Hul oorgerustheid sal sake bemoeilik.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag se sterre bring baie beweging. Jy beweeg van plek tot plek en kry dinge. Daar is ’n element van frustrasie teenwoordig, want jy probeer bepaal wat mense wil hê voor hulle daarvoor vra.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre en middelmatige sterre. Met die goeie sterre koop jy items wat jy wil hê en kry die lekker gevoel wat jy kry wanneer jy iets het wat jy regtig waardeer. Die middelmatige sterre betrek koste.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit beloof om ’n taamlik besige dag te wees; jy is daarop uit om die onmoontlike te vermag en eintlik te bewys dit was immers nie onmoontlik nie, want jy vermag dit. Soos jy die onmoontlike aandurf, moet jy bedag wees op sny-en stampplekke.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is ’n besige dag; meestal is jy in die agtergrond of iewers waar jy nie in die oog is nie. Dit sal jou nie bekommer nie, want jou hoofbekommernis is om jou taak afgehandel te kry.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir tyd saam met vriende en kollegas. Hierdie sterre het die een of ander soort fisieke aktiwiteit tot gevolg. Dalk besluit jy om ’n speletjie te speel. Hoe dit ook al sy, dit sal lekker wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre om jou aansien te verbeter en jou ego te streel. Jy sal besig wees met take afhandel en goed vaar; mense sal dit oplet. Iewers in die toekoms sal hulle jou laat weet hulle is beïndruk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag bring eienaardige sterre. Soms lei hierdie sterre tot ’n konfrontasie, maar wanneer dit gebeur, blyk dit die een of ander filosofiese saak te betrek. Dit is meestal ’n molshoop wat in ’n berg omskep is; moet dus nie toelaat dat dinge handuit ruk nie.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Jy sal ’n onnodige uitgawe aangaan wat jou spaargeld ’n hewige knou gee. Soms hou dit met die regering verband; moet dus nie onwettig parkeer nie en pasop vir die spoedgrens.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Mars die aktiveerder is in jou hoek van die huwelik en intieme verhoudings; jou vooruitsigte lyk goed. Met hierdie sterre moet jy jou bes doen om by die huis te kom vir ’n romantiese afspraak.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal vandag langer en harder moet werk. Dit is moeilik om te bepaal hoekom dit die geval is, maar baie dikwels gaan hierdie sterre gepaard met iemand se afwesigheid en jy sal die las moet dra. Net die Leeu sal dit vermag.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Daar is taamlik lewendige sterre in jou hoek vir liefde en romanse. Dit is goeie toestande, maar dit bring nie geleenthede nie; as jy hierdie sterre wil gebruik, sal jy jou eie geleenthede moet reël.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy of iemand anders sal iets op ’n end bring. Ek sien saam met hierdie einde sal iemand ontsteld raak. Dalk hou hulle nie van die idee dat een van jou projekte sonder meer beëindig word nie.