Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Hierdie jaar bring ongewone en soms vreemde omstandighede mee. Daar sal¬¬ vooruitgang wees wat jy dink net met ander kan gebeur. Daar is goeie sterre vir persoonlike verhoudings. Dis ’n jaar vir persoonlike groei en verandering.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon is aantreklik en gelukkig. Hulle sal ’n vlymskerp verstand hê en vlug van begrip wees. Hulle vaar goed op akademiese gebied en kan groot hoogtes bereik op gebiede wat met onderwys en opleiding te doen het.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Bure sal nuus oor ’n reis of die een of ander prestasie bring. Daar sal ook nuus wees oor iemand wie se adres verander. Jy moet die nuwe nommers en adresse kry voor dit te laat is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Hou jou geld dop. Jy kan dit verloor of iemand kan dit steel. Sluit jou waardevolle besittings toe en as jy inkopies doen, maak seker jy koop net met jou oë. Andersins is daar goeie sterre om saam met plesierige mense te wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dit is in die Waterdraer se aard om rebels te wees. Dit sal dus nie verras nie as jy voel jy moet uitstaan om raakgesien te word. Ek dink nie jou woorde sal veel help nie, maar dit kan mense laat nadink.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou sterre vir vandag sal nuwe belangstellings of minstens die begin van ’n nuwe belangstelling of stokperdjie teweegbring. Jy sal waarskynlik ’n bietjie oplees oor iets wat met kommunikasie of elektronika te doen het.

RAM (21 Mrt-20 Apr.)

Daar is goeie sterre wat jou wense en dit waarop jy hoop, kan laat waar word. Dit sal iets meebring wat jy wil hê, maar dit sal nie heeltemal wees soos jy verwag het nie. Dis ook in die haak.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is maan-energie in jou hoek vir sake en aansien. Baie van dit wat jy vandag doen, is bloot om jou aansien te verbeter. Omdat die atmosfeer goed is, kan jy verwag mense sal jou bewonder.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar sal klein veranderings in jou sosiale lewe wees. Jy hoef jou nie daaroor te bekommer nie. Jy het hierdie veranderinge verwag en noudat hulle hier is, aanvaar jy dit. Dis wat dit so lekker maak om Tweeling te wees: Jy hou eintlik van verandering.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Net wanneer jy met iets begin wat jy wil doen, gebeur iets en skielik is jy terug by die begin. As jy nie kan onthou hoe dit voel om onder Murphy se Wet te ly nie, sal jy teen vanaand goed weet.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar sal veranderinge wees aan vennootskappe en iets te make met jou wat saam met mense is. Die slegte ding omtrent hierdie sterre is, jy sal heel gelukkig aangaan deur mooi dinge te doen wanneer dinge skeefloop.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Die einde van die week is ’n slegte tyd om rigting te verander, veral as daar laat namiddag ’n spertyd is. Dit is baie beter om by die roetine te bly en volgende week, wanneer jy meer tyd het, nuwe dinge te probeer.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir liefde, maar werk kom eerste, en dis ’n jammerte. Maar moenie bekommerd wees nie. Als sal later in die dag regkom. Dit sal vergoed vir wat jy deur die dag misgeloop het. Daar is baie swak sterre vir jou om te wen.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Iets sal eindelik eindig en dis gepas vir die einde van die werkweek. Dit wat eindig, het met grond of eiendom te make. Vir van die gelukkiger Skerpioene is dit wat eindig, ’n verband.