Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het sterre wat jou werk en loopbaan betalend maak. Jou doelwitte is voor jou en as jy hulle nie teen einde vanjaar bereik nie, sal hulle vroeg volgende jaar binne bereik wees. Jy voel vanjaar gelukkig.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is hardwerkend. Hulle sal nie moed opgee voor die werk klaar is nie. Hulle het hoë morele en etiese standaarde en verwag dat ander by dié standaarde hou. Hulle het ’n opgeruimde persoonlikheid en mense sal van hulle hou.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is ’n klein bietjie geluk. Dis baie min; vergeet dus van jou hoop om teen vanaand ’n miljoenêr te wees. Die geluk het meestal betrekking op jou persoonlike verhoudings.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die hoofaktiwiteit vandag is om iets af te handel sodat jy met iets nuuts en beters kan begin. Jy maak seker jy kry alles behoorlik gedoen. Die sterre wat jy het, behels dat jy take oor moet doen.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag val die klem op kommunikasie. Met die sterre wat jy vandag het, kan jy dalk oproepe maak en ontvang en selfs briewe skryf. Daar sal ook kontak wees met mense wat waarskynlik naby familielede is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Hou jou geldsake dop. Daar is uitgawes op pad. Dalk sal dit môre en die naweek die geval wees. Jy wil nie te min geld hê wanneer jy dit nodig het nie, veral nie op ’n Saterdag of Sondag nie. Dis ’n produktiewe dag.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dis effens laat in die week om met nuwe projekte te begin, maar dit gaan jou nie keer nie. Dit is grootliks omdat jy geen sê daaroor het nie. Wanneer die baas iets gedoen wil hê, word dit gedoen – selfs op Donderdae.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die volgende paar dae kan sake wat jou sleg laat lyk, op die voorgrond wees. Gewoonlik werp die sterre wat jy tans het lig op foute wat jou reputasie kan skaad. Maak seker jy gee jy die eerste tree en verberg dit.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die omstandighede is goed om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Hierdie sterre kan partytjies en gesellige byeenkomste meebring wat jou nader aan party mense bring. Terselfdertyd besef jy ander is nie sulke goeie vriende nie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy neem beheer van iets. Dit kan ’n werkprojek wees wat jou na aan die hart lê. Wat dit ook al is, jy sal dit regkry om dit behoorlik af te handel, maar daar sal waarskynlik eers ’n paar mislukte probeerslae wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die goeie nuus is daar is goeie sterre om saam met interessante mense te wees en te leer. Vandag behoort dus ’n leersame dag te wees. Jy leer ’n paar feite wat jy later kan inspan.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die Vis is meestal sagmoedig, maar wanneer jy vandag se sterre het, kook jy van binne. Dis nie die oplossing nie, Vis. Lê selfbeheersing aan die dag en bly kalm.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis een van daardie dae dat jy baie beter in ’n groep werk – of dit nou ’n groep van twee, ’n halfdosyn of meer is. Pak jou Lone Ranger-kostuum weg en sluit aan by die mense wat weet wat hulle doen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Te oordeel na jou sterre, het jy vanoggend toe jy opstaan ’n bietjie olik gevoel. Jy sal ’n rukkie so voel, maar teen die middel van die namiddag behoort jy weer jou ou self te wees.