STERRE met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n uitstekende jaar. Belangrike mense sal jou prys of vereer. Daar is tye van goeie geluk en dis moontlik dat jy in loterye kan wen. Koop dus gereeld loterykaartjies. Jou lewe sal vanjaar verander.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal ’n groot behoefte aan die fyner dinge in die lewe hê, maar sal met die alledaagse tevrede moet wees. Hulle sal op ’n sekere gebied talentvol wees, maar nooit met hul skeppings tevrede wees nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar is goeie sterre vir romanse. Dink dus aan iets moois wat jy kan doen om vandag tot die romanse by te dra. Daar is ook skaflike tot goeie sterre vir geldsake. Jy kan dalk selfs ’n klein hoeveelheid geld in byvoorbeeld ’n lotery wen.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag moet jy jou bes doen om goed te lyk. Jy sal daarop fokus om een ding te eindig sodat jy met iets groter en beter kan begin en om dit te kan doen, moet jy op jou beste lyk. Dis nooit moeilik vir die Bul nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun)

Jy het goeie sterre om tyd deur te bring saam met familie of mense wat vir jou spesiaal is. Herinneringe word opgehaal en jy is die fokus daarin. Dis ’n mengsel van goeie en nie so goeie aspekte nie, maar dis hoe die lewe is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iets wat jy wou hê, gebeur. Ek het al hierdie sterre in aksie gesien toe ’n sekere tipe prys wat deel van ’n soort kompetisie was iemand se mikpunt was en hulle gewen het. As dit op jou van toepassing is, sterkte.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy sal in die bui wees vir verandering. Jy sal jou belangstellings uitbrei deur te doen wat jy nie gewoonlik doen nie. Dit sal pret en nogal ongewoon wees, want die Leeu is so ’n gevestigde teken en hou nie van spontane verandering nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dis een van daardie rare tye wanneer foute goeie resultate bring. Jy sal iets verkeerd doen, maar voor jy tyd kry om dit reg te stel, sal dit goed uitwerk vir jou. Dit lyk of mense vandag vasberade is om jou die las te help dra.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Jy kry iets wat jy al lank wil hê en omdat ek die Weegskaal ken, kan ek raai wat dit is. Die goeie nuus is die meeste sake sal uitwerk soos jy wil hê en dis nie nodig om seker te maak dat dit gebeur nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is dit regtig nodig dat jy met iemand saamwerk. Ek weet die gevestigde Skerpioene hou daarvan om op hul eie te werk, maar daar is tye soos vandag wanneer dit die beste is om in pare of groepe te werk. Dit sal pret wees om dit te doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Reis en omstandighede op veraf plekke is belangrik. Dis moeilik, maar jy sal moet besluit oor iets wat met reis te doen het. Dalk moet jy besluit waarheen jy wil gaan – Parys of Tasjkent. Albei lyk goed.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag se sterre sal jou hoek vir liefde en romanse en terselfdertyd jou behoefte aan nabyheid stimuleer. Te oordeel na jou sterre sal jy baie nabyheid ervaar. Al wat jy moet doen, is diskreet en geduldig wees.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iets met betrekking op jou intieme verhoudings eindig en iets begin. Dis vir jou ’n interessante tyd en jy voel gelukkiger. Jy sal vandag nogal rondhardloop.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy sal rondhardloop om sake vir jouself en iemand na aan jou af te handel. Dis tyd om te dink oor wat jy nodig het, want jy sal so besig wees met ander mense se behoeftes dat jy jou eie kan afskeep.