JOU DAG

Vandag se goeie sterre skep die regte omstandighede vir innoverende idees en spontane optrede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ongelooflik vernuftig. Moenie ongeduldig wees en ander vir vertragings blameer nie. Die enigste persoon wat tans keer dat jy sukses bereik, is jyself.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy hou koppig vol met jou planne. As jy te ongeduldig is, kan jy koppe stamp met die mense om jou. Probeer ander met jou vernuwende idees inspireer.

BUL 21 Apr.-21 Mei.

Sake sal die beste uitwerk as jy buigsaam en onpartydig is, want niks sal vandag volgens plan verloop nie. Wees dus aanpasbaar.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy bring vreugde met jou hope energie en geselligheid. Dis die perfekte tyd om jou oorvloedige entoesiasme te kanaliseer in opwindende waagstukke saam met ander.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is vriendelik en deernisvol, maar kan ook bemoeisiek en baasspelerig wees – veral tuis. Dis nodig dat jy vandag met ander saamwerk. Julle kombineer idees om ’n goeie uitkoms te verseker.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son, Mercurius en Jupiter beweeg deur jou teken en dus kry jou reeds hoë energievlakke ’n hupstoot. Dis soos ’n dosis kosmiese steroïede! Die omstandighede is goed vir sport, stokperdjies en kreatiewe projekte.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Vandag moet jy minder dink en meer doen. Dis goed om die voor- en nadele te oorweeg, maar daar kom ’n tyd dat dit nodig is om op te tree. Vandag is een van daardie tye!

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Vandag se sterre dui op goeie omstandighede om op sosiale media te netwerk met vriende, familie, kollegas en mense in jou gemeenskap wat soos jy dink. Jy het baie talente om te bied en baie om by te dra.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Gewoonlik steek jy jou ware gevoelens weg omdat jy bang is jy sal te veel van jouself onthul. Vandag kan jy openlik en reguit wees. Jy sê dinge soos dit is – veral wat geld en werk betref.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag is volgens die sterre ’n goeie dag om spontaan te wees en dit pas by die Boogskutter se styl. Doen iets heeltemal anders. Dit sal jou goed laat voel as jou daaglikse roetine afwyk van die gewone.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die Steenbok is gewoonlik baie diskreet, maar iemand lei jou in die versoeking om inligting te deel wat privaat behoort te bly. Weerstaan die drang om te skinder en geheime te deel met ’n glimlag.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is in die bui om by ander betrokke te raak, want die maan word in jou netwerksone geaktiveer. Jy is lus om met ’n groot verskeidenheid kreatiewe mense te praat oor ’n wye reeks onderwerpe.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Streef daarna om persoonlike verpligtinge en professionele verantwoordelikhede te balanseer. Jy moet dalk blitsig ’n besluit neem oor werk of geld, maar die uiteinde kan verrassend goed wees.