Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dis ’n jaar waarin jy fassinerende ontdekkings oor die lewe en jouself doen. Jy kry ’n paar goeie idees wat jou aansien nogal sal vergroot. Jy begin belangstel in spesialisonderwerp.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon het ’n goeie waarnemingsvermoë en is vindingryk. Hulle sal oorspronklike, slim idees hê. Hulle is lief vir seldsame dinge en trek voordeel uit unieke ondernemings. Hulle kan ander se karakter goed opsom en kan die publiek suksesvol hanteer.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy is geneig om stellings te maak wat jy nie met feite en syfers kan steun nie. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie. Mense laat dié opmerkings gewoonlik net verbygaan, maar vandag laat die slimmes jou dinge bewys.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Iets wat jou ’n ruk lank stilweg gepla het, sal min of meer in die ope kom en jy sien dit in ’n ander lig. Dis wonderlik hoe dinge verander wanneer jy dit in die koue, harde daglig sien.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Daar sal nuus wees wat beloof om jou lewe effens te verbeter. Die nuus sal jou nie in die strate laat dans nie, maar jy sal gelukkig voel. Die aand het potensiaal, maar dit kan duur wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is dinge wat uitmekaarval en dit lyk asof jy die een is wat dit moet regmaak. Luister na wat die mense om jou sê. Iemand sal ’n maklike oplossing hê en eenvoudige oplossings is die beste.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy sal goeie nuus kry. Presies wat dit is, is onduidelik. Jy is bly om dit te hoor, want dit beteken jy sal kan voortgaan op ’n gebied waar jy stilgestaan het. Dit beteken nie jy moet oorhaastig wees nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Om jou gebeur min, veral wat werksake of jou aansien in die algemeen betref. Die sterre wat jy het, kan soms tot werklike bevordering lei. Hou jou oor op die grond.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dinge gebeur om jou en jy sal gevra word om op te tree; dit sal die probleme van die mense om jou oplos. Dis presies wat jy doen en dit sal jou aansien baie verhoog.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Daar sal goeie nuus wees wat werk en die een of ander soort uitgawe behels. Die uitgawe is iets wat jy nie verwag het nie, maar omdat dit werk behels, kan jy dit nie net ignoreer nie. Kan dit nuwe gereedskap wees?

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir jou liefdeslewe. Dié sterre beïnvloed jou hoek vir die liefde en romanse asook jou hoek vir intimiteit. Jy kan sien waarnatoe dit lei. Gebruik dié sterre deur romanties te wees.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag dring ’n besef tot jou deur oor ’n projek waaraan jy werk. Eindelik sien jy daar is nie regtig ’n toekoms vir dit waaraan jy werk nie en dis tyd om op te hou. Dit kan moeilik wees omdat dit ’n werkprojek is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag se sterre het te doen met reis en vervoer. Dit kan baie dinge beteken, maar gewoonlik beteken dit jy moet die viertrekvoertuig laat versien of uitvind waar daardie geluide vandaan kom.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit lyk of jy bekommerd is oor ’n brief of boodskap wat jy kry. Dit kan wees dat die boodskap oor jou geldsake gaan. Dalk kry jy jou jongste bankstaat en is jy nader aan die rooi as wat jy gedink het.