Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit sal ’n besige jaar wees, maar ook ’n tyd waarin jy geneig is om die perke te oorskry met mense wat jy behoort te koester as vriende en bondgenote. Daar is goeie sterre vir liefde en romanse, maar jy sal hier ook te vurig optree.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense sal aktief en energiek wees. Soms sal hulle ietwat strydlustig wees. Hulle stel belang in liggaamlike sport, veral boks, of ander mededingende sportsoorte. Hulle het hoë en edel ideale en stel belang in ’n mediese studierigtings of die regte.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag is daar goeie sterre vir geld en persoonlike besittings. Dit kan baie dinge beteken, maar hoe ek dit sien, is jy bestee jou swaarverdiende geld op iets wat op die ou end presies is wat jy wou hê.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis ’n dag waarop jy voel dis die moeite werd om jou bes te doen om goed te lyk en die regte mense te beïndruk. Die goeie nuus is: Die heelal is aan jou kant. Dit is dus nou ’n goeie tyd om jou hare te laat stileer of ’n paar moderne uitrustings aan te skaf.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal vandag heelwat nostalgie wees. ’n Klein gebeurtenis of opmerking sal ’n herinneringsreis aan die gang sit en jy begin wonder oor waar sekere mense van jou verlede nou is.

MAAGD (21 Mei-21 Jun.)

Daar is baie goeie sterre om ’n bietjie uit te kom en saam met mense te kuier wat dieselfde belangstellings as jy het. Jy sal ’n paar dinge leer – luister dus na wat die slimmer mense sê. Moet net nie toelaat dat die wetenskap jou oorweldig nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis die begin van iets nuuts. Dis ’n goeie dag om met nuwe projekte te begin, veral daardie projekte waarvoor daar lank voorbereiding gedoen is. Vanmiddag en vanaand is daar baie aangename gebeurtenisse.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie omstandighede vir dinge wat met lang afstande te doen het. As jy nie vandag na ’n ver plek vertrek nie, ontmoet jy dalk iemand van ver af of dalk beplan jy om binnekort ’n reis te onderneem.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Dit is een van daardie dae dat dit lyk of wat ook al jy doen, verkeerd is. Dit dien geen doel om hierdie omstandighede teen te staan nie; jy moet net daarmee saamleef sover jy kan en korrek optree.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Vandag is daar nogal baie goeie omstandighede vir jou huwelik of intieme verhouding. Iets nuuts sal gebeur en jy sal na ’n nuwe fase van jou lewe beweeg – ’n helder en gelukkige een.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is baie goeie sterre vir dinge wat met troeteldiere of klein diertjies te doen het. As jy met jou kat of hond skou, kan jy verwag dat ’n prys saam huis toe gaan kom. Dit lyk of dit jou gelukkige dag is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het Venus, die godin van liefde en passie, in jou hoek vir hartsake. Dis nie nodig dat ’n astroloog vir jou sê wat sal gebeur nie. Al wat ek kan sê, is: Geniet die geleenthede wat hierdie sterre meebring.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is goeie sterre vir werk aan jou huis. Hierdie sterre sal jou goeie smaak verbeter. Hulle sal jou ook laat raaksien hoe jy talle goeie veranderinge kan aanbring.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag is daar goeie sterre om tyd saam met bure of familielede deur te bring. Hierdie sterre kan dalk ’n soort geselligheid te weeg bring wat almal sal behaag. As dit ’n braai is, kry iemand wat sy storie ken om te braai.