JOU DAG

Mercurius is nou in die Weegskaal se gebied en dit is dus ’n goeie tyd om taktvol en diplomaties te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore op die diereriem se dag van taal. ¬Jy is welsprekend en slim. Met Jupiter in jou teken is die volgende 13 maande ook die regte tyd om avontuurlik en aanpasbaar te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius beweeg nou deur jou teenoorgestelde teken, die Weegskaal. Waak daarteen om te heftig, ongeduldig en impulsief te wees. Probeer liewer ’n kalm, beheersde en behulpsame aanslag.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Daar is vandag dalk konflik tussen werksverantwoordelikhede en gesinsake. Moenie bekommerd wees nie. Doen liewer jou bes om kwessies op ’n kalm, konstruktiewe manier op te los.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jou heersende planeet Mercurius beweeg deur die Weegskaalteken en jy is dus in die bui vir kuier, kommunikeer, rondgaan en partytjie hou. Jy is lus om oor jou verhoudings en ander s’n te praat!

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Mercurius wat nou deur jou gesinsone beweeg, is dit tyd om met jou geliefdes en dierbares te begin praat – regtig te praat. Duidelike kommunikasie is die sleutel tot harmonie tuis.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Vandag is die omstandighede goed om vinnig te dink en lewendige gesprekke te voer omdat Mercurius deur jou kommunikasiesone beweeg. ’n Gelykmatige benadering in jou werk bring bewondering en goedkeuring mee.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met die son en Jupiter in jou teken is dit tyd om met ’n nuwe projek te begin. Laat die sanger en liedjieskrywer Florence Welch, wat vandag verjaar, se woorde jou inspireer: “Ek hou van die gevoel om soos ’n voëltjie op te styg.”

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Vrede, harmonie, kreatiwiteit en empatie word belig terwyl Mercurius deur jou teken beweeg. Heerlike dagdrome sal later in suksesvolle kreatiewe projekte verander.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dit voel dalk vandag of jy jou aandag by die huis en by die werk moet bepaal en strydige eise ontstel jou. Sake verander die heeltyd. Hou dus jou skedule aanpasbaar.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die omstandighede is gunstig vir groepsaktiwiteite en jy span jou talente en kundigheid in by ’n plaaslike klub, organisasie of ten bate van ’n goeie saak. Dis ook ’n goeie tyd om jou kreatiewe idees aanlyn te deel.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy is gereed vir ’n besige dag by die werk of tuis en handel take af, lees op oor ’n onderwerp en berei jou voor om met iets weg te val. ’n Mens moet gou spring!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vandag oorhaastig wees met professionele projekte en persoonlike verhoudings nie. Deurdink sake lank genoeg en maak seker jy doen al die nodige navorsing.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer balans kry tussen kuiers saam met vriende wat soos jy dink en tyd saam met ’n spesiale persoon, naamlik jy. Let op die simboliek in jou drome.