Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar gaan vanjaar interessante dinge met jou gebeur. Dit gaan meestal jou privaat lewe, veral jou liefdeslewe, raak. Iemand gaan jou moontlik laat weet hulle dink die wêreld van jou.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas is baie liefdevol en vrygewig. Hulle gaan hulle ten volle aan iemand toewy en gaan ’n vol, gelukkige lewe lei. Hulle gaan belangstel in die geskiedenis, regte en die bonatuurlike. Hulle gaan wel belese wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Vandag is daar ’n goeie gevoel aan en van iemand. Dit is heel waarskynlik ’n familielid of buurman wat ’n guns vra en dit kry, wat net bydra tot die goeie gevoelens.

LIBRA (Sept. 24 to Oct. 23)

Jy kry iets wat jy wil hê. Dit is dalk geld of ’n klein geldprys, maar as dit ’n geldprys is, gaan dit baie klein wees. Dis dalk steeds die moeite werd om ’n loterykaartjie te koop. Dit is ’n dag waarop klein drome bewaarheid word.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Al wat jy wil hê, is aksie. Ek kan nie bepaal watter soort aksie dit is nie, maar die Skerpioen is die sexy teken en ek kan raai wat dit is. In ’n sekere opsig blyk dit hierdie aksie is verwant aan werk of iemand by die werk. Dit is baie riskant.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy gaan dink aan reis en die toestande in verafgeleë plekke. Dikwels bring vandag se sterre ’n begeerte vir ’n kort wegbreek en soms om ’n sterwende vlam aan te wakker.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar gaan aspekte tussen jou hoek van hoop en wense, en jou hoek van seksualiteit wees. Dis ’n interessante aspek vir jou en ek gaan dit nie eens vir jou uitspel nie. Geniet dit vir wat dit is.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy en jou vennoot werk gewoonlik lekker saam, maar vandag verloop sake selfs gladder. Julle gaan nou saamwerk om iets af te handel en terselfdertyd gaan julle vir mekaar in die bres tree, indien nodig.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is goeie sterre vir werk afhandel, veral as daar ’n element van die erotiese betrokke is. Het jy regtig gedink dis onmoontlik om ’n element van die erotiese aan jou werk te hê? Jou dag behoort lekker te wees.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

As jy nie die dag goed begin het nie, behoort jy dit goed af te sluit. Wel, jy sluit dit goed af as jy die atmosfeer skep en wys jy is geesdriftig. So nie is vandag geleë om tyd met interessante mense deur te bring.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir huislike harmonie en goeie sterre vir standpunt inneem oor waar jy in elk van jou verhoudings staan. Hierdie sterre gaan jou na jou lewe laat kyk en laat nadink oor waarheen jy op pad is. Jy gaan ’n antwoord kry.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Iets werkverwants gaan eindig. Dit is goed, want eindelik gaan die sukses aan jou toegeskryf word. Al wat jy nou moet doen, is om te dink aan wat jy vir jou volgende sukses gaan doen.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jou sterre lyk goed vir geldsake. Ek sien nie hoe jy skatryk gaan wees nie, maar jy gaan ietwat beter daaraan toe wees. Ek vermoed dit is omdat jy geld kry wat jou toekom; dalk van die betaalmeester.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is oor die afgelope paar dae ’n reeks goeie gevoelens oor alles wat jou voorkoms betref; vandag is dit weer so. Jy kan jou nou gerus aantrekliker maak. Moenie hierdie gevoelens ignoreer nie.