Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Daar is sterre vir moeilikheid om jou. Jy sal kontrakte of ooreenkomste moet onderteken wat jou alledaagse lewe vir ’n redelike ruk gaan raak. Daar sal probleme wees omdat voor die hand liggende reëls nie gevolg word nie.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is vegters. Hulle werk hard en hul werk is goed, maar dit lyk of hulle nooit die waardering daarvoor kry wat ander kry nie. Hulle sal groot planne hê wat byna uitwerk, maar op die laaste oomblik misluk.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar kan nuus van ’n swangerskap of geboorte wees. Wat ook al die nuus is, dit sal oor babas of kinders gaan. Hierdie sterre kan soms meebring dat jy op klein skaal wen. As dit gebeur, sal dit regtig klein wees. Moenie probeer om groot kompetisies te wen nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy sal meer as op ’n gewone Dinsdag rondhardloop. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat jy familie of bure help. Dis goed om die behulpsame Tweeling te wees, maar dit kan nadele vir jou inhou.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Bekyk jou geldsake. Dit lyk goed, maar daar is ’n paar groot uitgawes op pad en jy sal ekstra geld in die bank nodig hê om dit te betaal. Die uitgawes is soos vir die stop van tande of iets soortgelyks.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iets begin vandag. Jy beweeg op gebiede wat vir jou ’n misterie en ’n bietjie skrikwekkend is. Moenie bekommerd wees nie, Leeus is aanmekaargesit om moeiliker dinge as die meeste mense te hanteer. Jy is opgewasse daarvoor.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die verlede is geskiedenis. Jy is nou in die hede en die toekoms is ’n misterie, maar vandag moet jy aspekte uit die verlede gebruik om dinge nou en later te laat gebeur. Jy kan maar sê dit is alles ineengestrengel.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy het goeie sterre om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. Hierdie sterre sal iets meebring wat jy wou hê, maar wat jy begin dink het nooit gaan gebeur nie. Dit lyk of dit jou met ervare mense verbind.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Soms kan die sterre wat jy vandag het ’n bevordering meebring, maar in byna alle gevalle is dit nie juis ’n grote nie. As dit met jou gebeur, en dit kan, moenie dit te ernstig opneem nie tot jy weet dis ’n ware bevordering en permanent.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy gaan ’n besige dag hê. Jy sal vandag kontak maak met mense wat ver weg is en nadink oor of jy die geleentheid sal hê om by hulle te gaan kuier. Jy sal ook praat oor uitnodigings na troues of ander godsdiensseremonies.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Die slegte nuus is, daar is ’n rekening op pad. Dis nogal ’n stewige een. Dit het moontlik iets met reis of vervoer te doen en sulke rekenings is nooit klein of maklik om te betaal nie. Dit lyk asof jy jou maar weer tot jou spaarrekening moet wend.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jou gedagtes is by jou intieme verhoudings. Jy sal wonder of jy die regte ding gedoen het en of jy weer moet dink oor die huwelik en intimiteit. Iets begin en iets eindig.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy ervaar iets as baie moeilik nadat jy gedink het dit gaan verspot maklik wees. Dit wys net ’n mens moet eers iets doen voor jy weet hoe dit is om in ingewikkelde, onbekende situasies te wees. Moet nooit “nooit” sê nie!

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Hoeveel jy dit ook al sal geniet om by die huis te wees en ’n namiddagfliek te kyk, jy is nie by die huis nie omdat daar mense is wat op jou staatmaak. Kyk so daarna, Ram: hulle hou van jou en reken op jou. Dis beter as dat hulle jou ignoreer.