Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar bring baie veranderinge en geleenthede mee. Dit is ’n jaar waarin jy ontdekkings oor die lewe en jouself doen. Daar is goeie sterre vir enige soort opleiding of opvoeding. Daar is ook goeie vooruitsigte vir reis.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens sal op ’n gebied uitblink. Hulle sal oorvloedig in die geskrewe en gesproke woord wees. Hulle sal belangstel in die wetenskap en dinge verwant aan meganiese toestelle. Hulle is aktief en ondernemend en sal baie lojale vriende hê.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dit is die begin van nog ’n week, maar daar is veranderinge in jou werksituasie. Heroorweeg van jou roetines, want daar is nuwe projekte aan die gang en jy moet daarmee vertroud raak.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is ’n bietjie geluk in die omgewing. Dit sal waarskynlik nie geld inbring nie, maar dit sal jou bly maak, want alles verloop glad en jy sal ’n bietjie kan ontspan. Beproef ’n loterykaartjie.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Vandag bring die begin van nuwe toestande mee, maar voor dit kan begin, moet jy ’n paar ander sake afhandel. Wees versigtig wanneer jy mense gunste bewys, want gunste word versoeke en versoeke word eise.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag sal soos enige ander Maandag begin, maar dit sal nie so eindig nie. Teen die middag sal daar genoeg verandering aan onder meer jou roetine wees wat ’n hele ruk sal duur. Gelukkig hou jy van ’n uitdaging.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy moet vandag liefs op die agtergrond bly en die gewone take afhandel. Met jou huidige sterre kry jy nadelige aandag, iets wat taamlik onwelkom is.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Wees versigtig, jy het die regte sterre om te struikel en iets waardevols te breek. So ’n voorval is ’n slegte manier om die week te begin; dalk moet iemand anders die breekbare items dra.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre vir geldsake, meestal gedeelde geldsake. Ek sou graag wou sê dat jy geld wen, maar jy sal waarskynliker ekstra werk kry of dalk deur spaarsaamheid geld bespaar.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Daar sal ’n nuwe besem wees wat verband hou met die werk. Hierdie nuwe besem sal doen wat alle besems doen: alles skoonvee. Moenie bekommerd wees nie; jy sal nie een van die mense wees wat weggevee word nie. Dit is ’n dag van onverwagte toestande.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy hoor van iemand wat met siekteverlof is. Gewoonlik pla dit jou nie, maar dis Maandag en die sieke is iemand op wie jy steun vir werksake. Blykbaar moet jy nou self regkom.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar is goeie sterre vir tyd met jou spesiale persoon deurbring. Hierdie sterre bring soms die geleentheid vir ’n middagvertoning te weeg, maar ek vermoed jy sal tot die aand moet wag as jy die vrugte van die liefde wil proe.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy sal oor ’n paar belangrike sake van mening verander. Dit is ongewoon vir jou; die Maagd hou van die voor- en nadele opweeg, ’n besluit maak en dan daarby hou. Dalk gaan jy insien dat jou oorspronklike logika verkeerd was.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag hardloop jy meer as gewoonlik doelloos rond. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie, maar omdat dit Maandag is, kort jy tyd om verlede week se agterstallige werk in te haal en so ’n doellose rondhardlopery is monumentale tydmors.