Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het goeie sterre vir vooruitgang, maar daarmee saam sal probleme met of deur mense kom. Dis nodig dat jy jou humeur beteuel, want die rede vir jou grootste probleme is sinlose onenigheid.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het goeie verstandelike vermoëns. Hulle is skerp en slim. Ongelukkig is hulle geneig om op die verkeerde tye ’n bietjie te impulsief te wees en skep dus hul eie struikelblokke. Hulle is baie aantreklik.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis ’n besige dag vir die middel van die week. Jy het meer om te doen as wat jy kan hanteer, maar niemand wil jou help nie. Al wat jy kan doen, is om aan te gaan en af te handel wat jy moet.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het baie om te doen. Daar is die take wat jy gewoonlik in die middel van die week het, maar daar kom nog take na jou kant toe. Die vraag is: Kan jy hierdie take saam met jou gewones hanteer?

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vriende, hul behoeftes en hul welsyn sal belangrik wees. Met die sterre wat jy tans het, kan jy dit oorweeg om tyd af te neem om seker te maak hierdie mense word gehelp. Moenie by onenigheid betrokke raak nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy aanvaar ekstra verantwoordelikheid. Vreemd genoeg sal dit byna toevallig gebeur. Dit gebeur maar net so dat jy daar is wanneer iets opduik en dan word jy as die verantwoordelike persoon gekies.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Vandag is daar opwinding oor iets wat met langafstande te doen het. Vir party Weegskale het dit met reis te doen, maar meestal behels dit kontak met mense ver weg. Hoofsaak is dis goeie nuus.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die slegte nuus is jy kry ’n rekening, maar jy het gehoop hulle sal vergeet om dit te stuur. Jy het onnodig gehoop, Skerpioen, jy weet hulle vergeet nooit om rekeninge te stuur nie. Jy moet dit in elk geval betaal en dit maak seer, maar dis hoe die lewe is.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het goeie sterre vir sake wat met die huwelik, intimiteit of vennootskappe te doen het. Ek sê nie alles wat jy doen sal goed en mooi wees nie, maar daar sal baie interessante oomblikke wees, veral vanaand.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Dit beloof om ’n besige dag te wees. Dis nodig dat jy kophou. Ander kan stof in jou oë skop as jy nie byhou of hulle verbysteek nie. Dit is wel ’n aangename aand.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre vir liefde en romanse. Dis jammer dis ’n werkdag. Jy het darem die troos dat hierdie goeie liefdesterre vanaand nog sal geld. Wat van ’n intieme ete vir twee?

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is besig om uit te werk hoe jy iets kan eindig sonder om ongemaklike situasies te skep. As daar enigiemand is wat dit kan doen dan is dit jy, Vis. Doen die dinkwerk en voer dan jou plan uit.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis ’n koorsagtige tyd. Jy moet terselfdertyd dink en werk, maar jy sal dit kan doen. Maak net seker jy is van die begin af op die regte pad. Jy wil nie op jou spore terugloop en heeltemal van voor af begin nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy dink goed na oor jou geldelike situasie. Die rede hiervoor is jy het ’n doelwit en voel jy is nou besig om hierdie doelwit te nader. Wees versigtig – van die hand tot die mond kan die pap op die grond val, soos jy goed weet.