Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar bereik jy ’n keerpunt. Jy kyk waarheen jy op pad is en besluit jy wil meer uit die lewe hê as wat jou huidige rigting beloof. Wees versigtig vir bedrieërs.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal suksesvol wees op ’n gebied waar hulle naby aan mense is. Hulle sal in allerhande soorte watersport belangstel en kan selfs ’n loopbaan volg wat met die see verband hou. Hulle stel ook in die kunste belang.

RAM (21 Mrt.-20 Apr. 20)

Dis nie in jou aard om liggeraak te wees nie, maar vandag is jy. Daar kan heelwat redes hiervoor wees, maar ’n goed genoeg rede is dat dit die laaste dag van die werkweek is. As dié rede nie vir jou ’n goeie een is nie, kan jy maar aan ’n ander een dink.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy moet vandag ’n reeks absurde probleempies takel. Span jou praktiese kant in om dit uit te sorteer. Jy sal op hierdie wyse gelukkig al die regte antwoorde kry.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy moet jou geldsake behoorlik beskou. Dit beteken nie jy is behoeftig nie, maar jy moet seker maak jy het genoeg geld vir die naweek. Ons almal weet hoe belangrik dit is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die maan in haar eerste kwartier val in jou teken. Dis niks belangriks nie, maar dis die eerste van ’n reeks klein maar irriterende hindernisse op jou pad na iets wat jy besluit het om te doen. Kom ons kyk hoe geduldig die Kreef kan wees.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Die eerste kwartier van die maan is in jou twaalfde hoek vir die son. Dit beteken jy sal geneig wees om onnosele foute te begaan. Jy sal nie dink dis dom nie, maar sal wel later wanneer jy dit weer beskou.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy sit weer tussen twee vure. Dit was die afgelope tyd soveel keer die geval. Vandag se moeilikheid sal nie opgelos word deur dit te ignoreer nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Die eerste kwartier van die maan val in jou hoek vir aansien. Dikwels bring hierdie kombinasie woorde van lof of waardering en dis min of meer wat jy nou nodig het. Dis ’n tyd om te luister en nie te praat nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Daar is goeie omstandighede vir werk en jy moet jou kop gebruik, maar nie op die gewone manier nie. Met hierdie omstandighede moet jy die kern van die saak aanpak. Vandag moet jy dieper as die oppervlak delf.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iemand veroorsaak vir jou hindernisse. Wanneer ek na jou horoskoop kyk, wonder ek wie sal so iets doen, maar volgens die kaart is dit dalk jy. Miskien moet jy tyd probeer wen, en dis een manier om dit te doen.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is baie om te doen, maar jy kan net by soveel uitkom. Daar is wel ’n manier om seker te maak jy kry dinge gedoen: Vra hulp. Dikwels wys sulke versoeke jy wil regtig alles betyds klaar hê.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die eerste kwartier van die maan in jou hoek vir werk bring haakplekke, maar jy verwag dit min of meer op die laaste dag van die werkweek. Dis nog een van daardie tye dat die Waterdraer se geduld wondere verrig.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Die eerste kwartier van die maan val in jou hoek vir romanse. Wanneer jy vanmiddag klaarmaak, koop iets waarvan die spesiale persoon in jou lewe sal hou en neem dit huis toe. Dis ook romanties om roosblare op die vloer te strooi.