Wat jou sterre voorspel met Arthur Bowman.

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy sal vanjaar besig en produktief wees. Jy doen baie dinge wat jy wou en sal goed beloon word vir jou huidige prestasies en dié in die verlede. Dis nodig om versigtig te wees vir bedrieërs wat vinnig praat.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone sal aktief en energiek wees en hoë, edele ideale koester. As hulle ’n sport op professionele vlak beoefen, sal hulle ’n reputasie hê dat hulle regverdig is. Hulle is opgewek en gelukkig.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Alle aanduidings vandag is goed. Dinge werk vir jou uit en jy doen dinge wat jy gehoop het sal gebeur. Vir party Krewe word ’n droom bewaarheid wat jy lank gekoester het. Jy het gedink dit sal nooit gebeur nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag hou ’n einde en ’n begin in. Jy het so iets al ’n rukkie in gedagte. Dis iets wat verskeie aspekte van jou lewe vir ’n redelike tyd sal verander. Daar is ook goeie sterre vir sake wat met vaste eiendom te doen het.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jy het dinge beplan en weet hulle sal uitwerk soos jy beplan het, maar jy het nie Murphy se Wet in gedagte gehou nie. Die beste planne kan misluk. Maak dus seker jy het ’n plan B.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Daar is goeie sterre vir vandag. Dit lyk of dit jou besittings laat vermeerder. Dikwels beteken dit iemand gee vir jou ’n present, maar natuurlik is dit nog nie jou verjaardag nie. Wie weet hoekom mense so vrygewig is?

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is daar ’n begin en ’n einde. Die fokus is hoofsaaklik op die begin, wat dit ook al is. Dis ’n goeie dag vir jou. Sake verloop glad en jy behoort teen die aand heel ingenome met jouself te wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag word sake uit die verlede opgerakel, maar die omstandighede is goed en dus sal dit nie iets slegs wees nie.¬ Dit kan selfs goed wees, want mense sal uitvind hoe slim jy in die verlede was.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy het goeie sterre om tyd saam met vriende en kollegas deur te bring. As julle dus ¬¬’n werkspiekniek of afskeidpartytjie vir ’n kollega hou, kan jy verwag dat jy die samesyn sal geniet. Hierdie sterre geld vir alle soorte partytjies.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag kry jou ego en aansien ’n hupstoot. Omdat dit naweek is, sal die hupstoot van ’n prestasie kom wat met ’n stokperdjie te doen het.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Veraf plekke sal belangrik wees. Dikwels bring die sterre wat jy vandag het kontak mee met mense op ver plekke. Dalk hou julle ’n afskeid vir iemand wat oorsee gaan of ’n partytjie om iemand te verwelkom.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Sake lyk goed, maar daar kan onverwagte uitgawes wees. Dis nie ’n groot kwessie nie, want die uitgawes sal nie so groot wees dat hulle jou begroting te veel raak nie. Dalk sal dit genoeg wees om vroeg by die OTM ’n draai te maak.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Sake wat met die huwelik, verhoudings en intimiteit te doen het, word deur jou sterre aangedui. Die goeie ding is dat alles goed lyk. Jy neem ’n besluit wat meebring dat jy in die toekoems gelukkig is.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Jy voel aanvanklik olik. Dis moeilik om te sê presies hoekom jy so voel, maar namate die dag vorder, sal jy beter voel. Teen die aand sal jy weer volstoom kan aangaan. Jou pad kruis vandag met slim mense.