:

JOU DAG

Weens die Boogskuttermaan is die omstandighede goed vir reis, studeer en kuier.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is dit tyd om meer avontuurlustige toekomsdrome te koester. Vreemde plekke roep. Begin dus nou jou reis beplan!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan selfsugtige siele wees, maar vandag gaan alles nie oor jou nie! Die sterre gee jou genoeg moed om uit te reik en ander te help, veral dié wat nie so gelukkig soos jy is nie. Jy het ook goeie sterre vir reis en studeer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy geldelike probleme het, moet jy dink aan maniere om meer duidelikheid en minder verwarring te skep. ’n Familielid sal vir party gelukkige Bulle ’n geldelike reddingstou bied.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is lus vir praat en kom op hoogte van die nuutste nuus in jou gemeenskap. Probeer weerstaan die versoeking om oor ’n familielid of kollega te skinder.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die son, Mercurius en Jupiter is almal in jou geldsone en dis ’n goeie teken. As jy dit nie vandag duidelik maak wat jy bedoel nie, kan daar verwarring oor geld wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die Leeu beleef ’n goeie dag omdat die planete sy charisma vermeerder. Maak seker jou instruksies aan ’n kind of tiener is kort en duidelik anders sal daar verwarring wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy kan verwag om vandag op jou gesin te fokus omdat jy van die huis af werk of vroeg ophou werk om aan ’n saak tuis aandag te skenk. Die Boogskutter-maan help jou om take te balanseer en verskillende dinge gelyk te doen soos iemand wat baie veelsydig is.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die omstandighede is goed vir groepsaktiwiteite en jy kan verwag dat jy en jou geliefdes vandag maklik jul gevoelens met mekaar sal deel. Is jy op soek na liefde? Met Venus wat tot 6 September terugwaarts beweeg, sal jy geduldig moet wees.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Koester jy ’n wrok? Die ligging van die planete vandag moedig jou aan om te vergewe en vergeet. “Daar is geen liefde sonder vergifnis nie en geen vergifnis sonder liefde nie,” sê Bryant McGill.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit sal langtermynvoordele inhou as jy geliefdes koester en ’n verwarde familielid help. Dis tyd om jou internasionale kontakte uit te brei – wie weet waarheen dit kan lei?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie in jou roetine vasgevang word nie. Die sterre moedig jou aan om lewe te blaas in jou dae deur tyd te maak vir nuwe mense en inligting. Daar is altyd nog iets wat jy kan leer!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vandag tyd mors met bekommernis oor verhoudings nie. Sake behoort glad te verloop en as daar probleme is, sal duidelike kommunikasie jou deur tydelike onstuimigheid te help.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie rigting verloor en oorweldig word deur verwarrende moontlikhede en opsies wat ’n persoonlike probleem of werksaak betref nie. Hou albei jou voete op die grond en wees jouself!